fbpx
Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse provinsiale regering kelder dienslewering in Mangaung-metro

Uit skriftelike vrae wat aan die Mangaung-metroraad (Bloemfontein, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus, Wepener) gerig is, blyk dit dat die Vrystaatse departement van openbare werke meer as R990 miljoen aan die metro verskuldig is. Die departement van openbare werke se totale skuld aan die Mangaung-metro is deel van die totale provinsiale regeringskuld van sowat R1,8 miljard […]

VF Plus dring aan op spoedige Mangaung-burgemeestersverkiesing

Die VF Plus het in ‘n brief aan die speaker van die Mangaung-metroraad, Mxolisi Siyonzana, opnuut versoek dat die raad spoedig ‘n nuwe burgemeester moet verkies. Tien maande nadat die vorige uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, deur ‘n mosie van wantroue deur die VF Plus verwyder is, is die pos steeds vakant. Bykomend tot die feit […]

Mangaung-metro se 2021/22-begroting gaan plaaslike ekonomie verder wurg

Die VF Plus het teen die begroting van die Mangaung-metro vir die 2021/22-finansiële jaar gestem aangesien dit tariewe en belastings buitensporig verhoog en nie onnodige uitgawes besnoei nie. In die huidige sukkelende ekonomiese omstandighede moet daar innoverend gedink word en kan daar nie soos in die verlede voortgegaan word met dieselfde resep van tariefverhogings nie. […]

ANC speel vir tyd om Olly terug te bring

Die ANC in die Mangaung-metro (Bloemfontein, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus, Wepener) speel vir tyd om die verwyderde oud-burgemeester, Olly Mlamleli, in die komende munisipale verkiesing terug in haar pos te plaas. Die ANC-beheerde raad sloer sedert die VF Plus se mosie van wantroue in me. Mlamleli in Augustus geslaag het, om 'n verkiesing vir 'n […]

Mangaung: ANC-faksiegevegte sal nie VF Plus se bereidwilligheid om te dien van stryk bring nie

Die ANC se faksiegevegte in die Mangaung-metro-munisipaliteit dra direk by tot die wanfunksionaliteit van die werksaamhede en beplanning van die metro. ‘n Spesiale raadsvergadering is vandag vir die derde opvolgende keer gekanselleer omdat die ANC slegs 20 van sy 58 raadslede kon mobiliseer vir dié vergadering. Alhoewel die ANC ‘n volstrekte meerderheid in die metro […]

Mangaung-inwoners betaal R200 000 vir twee begrafnisse

Na die afsterwe van twee Mangaung-metroraadslede, is daar tydens ‘n spesiale raadsvergadering ‘n bedrag van R200 000 vir dié twee begrafnisse goedgekeur. Die VF Plus het hierdie besluit nie gesteun nie, aangesien R100 000 vir een begrafnis uitermatig hoog is terwyl die huidige rampbestuurregulasies in duidelike terme bepaal dat die bywoning van 'n begrafnis tot […]

Dienslewering in Mangaung-metro mag nie verder ly weens ANC-politiekery nie

Dit is duidelik dat daar faksies binne die ANC is wat bereid is om dienslewering in die Mangaung-metro doelbewus te saboteer om hul eie politieke agendas te bevorder. Die gerugte van betroubare bronne binne die metro is dat daar amptenare is wat opgesweep word om ter ondersteuning van die verwyderde uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, dienslewering […]

Mangaung: Metropolisie nie prioriteit bo dienslewering

Alhoewel die VF Plus nie in beginsel gekant is teen die Mangaung-metropolisie nie, waarsku die party dat dit nie prioriteit bo dienslewering behoort te geniet nie. Die LUR vir samewerkende regering, Thembeni Nxangisa, is nie eerlik as hy sê dat die metro die metropolisie-projek sal kan befonds nie. Die 2020/2021-begroting is reeds 80% deur toelaes […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.