Mangaung: Nog ‘n VF Plus-mosie slaag – hoofsweep verwyder
Die hoofsweep van die Mangaung-metroraad, mnr. Vumile Nikelo, is op 'n raadsvergadering deur die VF Plus se mosie van wantroue verwyder. Dié mosie het met 64 stemme teenoor 38 geslaag. Nikelo is ‘n raadslid van die ANC. Die VF Plus het die mosie van wantroue teen die hoofsweep ingedien omdat hy versuim om sy pligte […]
Mangaung nie besorg oor dienslewering – stel eerder nog amptenare aan teen meer as R10 miljoen per jaar
Die ANC-regering in die Mangaung-metro (Bloemfontein, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus, Wepener) gaan vanjaar verdere druk op belastingbetalers plaas met die aanstelling van agt amptenare wie se salarisse meer as R10 miljoen per jaar gaan beloop. Die VF Plus maak ten sterkte beswaar teen hierdie buitensporige vergoedingspakkette wat in plaaslike koerante geadverteer is. Dié poste is […]
Mangaung-begroting nie wettig goedgekeur
Die VF Plus het die speaker van die Mangaung-metro (Bloemfontein, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus, Wepener), Stefani Lockman-Naidoo, daarop gewys dat die 2022/23-begroting nie volgens grondwetlike vereistes aanvaar is nie. Slegs 45 raadslede uit 101 het ten gunste van dié begroting gestem en dit is daarom nie grondwetlik goedgekeur nie. Ingevolge Artikel 160(3)(b) van die Grondwet […]
Mangaung-metro se paaie lewensgevaarlik vir motoriste
Die VF Plus het in samewerking met inwoners van Bloemfontein ‘n omvattende verslag oor die toestand van paaie in die metro opgestel en aan die uitvoerende burgemeester, Mxolisi Siyonzana, en administrasie van die Mangaung-metro (Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Wepener, Van Stadensrus en Soutpan) oorhandig. Bykomend is daar 'n dringende skrywe gerig aan die waarnemende […]
Bloemwater dreig weer om krane toe te draai weens agterstallige skuld
Bloemwater se dreigement om watertoevoer vir die Manguang-metro tot slegs 30% te verminder totdat betaling van die metro (Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Wepener, Van Stadensrus en Soutpan) ontvang is, is onaanvaarbaar. Dit is ook onaanvaarbaar dat die twis tussen Bloemwater en die metro en hul onvermoë om tot ‘n vergelyk te kom, kan lei […]
VF Plus eis ondersoek oor optrede van Mangaung-metropolisie
Die optrede van die Mangaung-metropolisie wat vanoggend die Bram Fischer-gebou in ‘n ongehoorde magsvertoon beset het, is volgens die VF Plus onwettig en moet ondersoek word. Lede van die metropolisiediens het die gebou se ingang onder meer met voertuie geblokkeer en mense toegang geweier. Munisipale werkers is uit die gebou gejaag en belangrike werk kon […]
ANC hou partytjie onder vaandel van Mangaung-metropolisie se bekendstelling
Die langverwagte bekendstelling en parade wat gereël is vir die Mangaung-metropolisie by die Toyota-stadion in Bloemfontein vandag, is uitgestel weens dreigemente van die publiek dat die verrigtinge ontwrig sal word indien daarmee voortgegaan word. Die meeste inwoners van die Mangaung-metro is nie ten gunste van die metropolisiediens nie synde baie van die lede wat aangestel […]
Bloemfontein: ANC-regering bevestig hy staak dieretuin-ontwikkeling
Die Mangaung-metro het in antwoord op vrae van die VF Plus oor die verwaarloosde dieretuin in Bloemfontein en die sogenaamde nuwe dieretuin by Kwaggafontein, dit duidelik gestel dat die burgemeesterskomitee besluit het daar geen verdere ontwikkeling by Kwaggafontein gaan plaasvind nie. Hierdie besluit is reeds in Oktober 2018 geneem tydens ‘n lekgotla van die burgemeesterskomitee […]
Nuwe burgemeester gaan verval in Mangaung nie keer
Die Mangaung-metroraad het mnr. Mxolisi Siyonzana van die ANC vandag tydens ‘n spesiale raadsitting verkies tot nuwe burgemeester van die metro ná die verwydering van die vorige burgemeester, Olly Mlamleli, op 7 Augustus 2020. Mlamleli is verwyder deur ‘n suksesvolle VF Plus-mosie van wantroue. Die VF Plus glo nie dat ‘n nuwe ANC-burgemeester enige verandering […]
VF Plus slaag om R100 000-begrafniskostes vir raadslede te staak
Die VF Plus se voorstel dat raadslede verpligte bydraes tot begrafnispolisse moet maak, word uiteindelik deur die Mangaung-metroraad (Bloemfontein, Botshabelo, Dewetsdorp, Soutpan, Thaba Nchu, Van Stadensrus, Wepener) oorweeg. Die VF Plus het hierdie voorstel gedoen aan die waarnemende stadsbestuurder, Teboho Maine, om die enorme koste rondom begrafnisse vir raadslede, wat tans sowat R100 000 per […]