fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC trap Joodse gemeenskap van Suid-Afrika in die gesig met omarming van Hamas

Die VF Plus wil namens alle regdenkende mense in Suid-Afrika die Joodse gemeenskap om verskoning vra vir die skokkende wyse waarop die terreuraanvalle op onskuldige burgers van Israel op 7 Oktober tot nou deur die ANC-regering hanteer is. Die teenwoordigheid van drie prominente Hamas-leiers in Suid-Afrika onder die voorwendsel dat hulle ʼn “internasionale beraad oor […]

EFF-stert swaai die ANC rond oor Israel

Soos met onteiening sonder vergoeding het die EFF-stert weer die ANC rondgeswaai oor sy verbreking van formele bande met Israel. Beide met gevolge wat niks goed vir die land voorspel nie. Vandag se besluit van ’n ANC- en EFF-meerderheid in die Nasionale Vergadering (NV) van die parlement om diplomatieke bande met Israel te verbreek, is […]

Kortsigtig om bande met Israel te verbreek

(Parlementsdebat aangevra deur Julius Malema (EFF): Sluiting van Israel-ambassade in Suid-Afrika en opskorting van diplomatieke bande met Israel) Die EFF se versoek dat Suid-Afrika alle bande met Israel verbreek, plaas die regering in ʼn moeilike situasie wat herinner aan die kwessie van onteiening sonder vergoeding. Die EFF het daarmee ook die inisiatief geneem en die […]

Minister moet verduidelik oor bande met Hamas en Iran

(Debat in parlement: Israel-Palestynse konflik) Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, moet verduidelik oor haar bande met Hamas en Iran. Die minister se onlangse oproep aan Ismael Hanijeh, senior leier van Hamas, wys hoe nou haar bande is met ʼn organisasie wat terreur gebruik om sy doelwitte te bereik. Iran het reeds openlik […]

Ramaphosa skok met steun vir Hamas-terroriste

Die regering van Suid-Afrika het met sy kritiek op Israel se militêre optrede teen Hamas omonwonde sy steun toegesê aan die aanval op Israel en die moord op burgerlikes wat selfs babas insluit. President Cyril Ramaphosa het luidens mediaberigte vandag in Boksburg by ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gesê Israel […]

VF Plus ondersteun Convergence4SA om verandering en vernuwing te bring

Die VF Plus se pleidooi dat burgerlike organisasies in Suid-Afrika betrokke raak, saamstaan teen die ANC en burgery aanmoedig om te registreer en te gaan stem om verandering en vernuwing teweeg te bring, is besig om te realiseer. Die VF Plus verwelkom die totstandkoming van ʼn groep burgerlike organisasies wat onder die naam Convergence4SA bymekaar […]

ANC wys sy ware kleure deur hom openlik te skaar by terreur-aanval op Israel

Die ANC het vanmiddag ondubbelsinnig onderstreep dat die regering van Suid-Afrika die terreuraanslag van Hamas op Israel steun en het hom sodoende by ’n terreurgroep geskaar teen die res van die wêreld. Die ANC se nasionale woordvoerder, Mahlengi Bhengi-Motsiri, het Israel die skuld gegee vir die aanval op sy soewereine grondgebied en die bloedvergieting wat […]

VF Plus veroordeel Hamas oor aanval op Israel

Die VF Plus veroordeel die Hamas-aanval op Israel en die sinnelose slagting van burgerlikes ten sterkste en sal wil sien of die ANC-regering met sy openlike anti-Israelse sentimente dit soos die res van die wêreld gaan veroordeel. Die VF Plus daag die ANC uit om hierdie keer die regte ding te doen en hom onvoorwaardelik […]

Wysiging aan Grondwet oor mosies van wantroue stap in regte rigting

Die voorgestelde wysiging aan die Grondwet oor die gereeldheid van wantrouemosies in die land se president, die kabinet, ʼn provinsiale premier of die uitvoerende gesag van ʼn provinsie, word verwelkom. Mosies kan tans onbeperk gebring word wat meestal lei tot groot ontwrigting en onsekerheid in die regering wat betrokke is, op welke vlak ook al. […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.