Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bothaville: Herstelwerk begin aan voortslepende rioolprobleem

Na volgehoue druk van die VF Plus het die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) eindelik kontrakteurs aangestel om aandag te gee aan 'n voortslepende rioolprobleem in Bothaville. Die VF Plus het ‘n strafregtelike klag by die Nala-polisie ingedien en is al ‘n geruime tyd besig met toepaslike druk op die munisipale bestuur om aandag te gee […]

VF Plus dien strafregtelike klag in oor stand van vullisterreine in Nala-munisipaliteit

Die VF Plus het ‘n strafregtelike klag by die polisie ingedien teen die waarnemende munisipale bestuurder van die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron), Nokufa Radebe, vir die oortreding van die nasionale minimumvereistes vir vullisterreine ingevolge die Afvalbestuurswet. Beide die vullisterreine van Bothaville en Wesselsbron voldoen nie aan die minimumvereistes van die Afvalbestuurswet nie en hou ernstige […]

Nala: Strafregtelike klag sloer

Die VF Plus het reeds op 28 Februarie vanjaar ‘n strafregtelike klag ingedien teen die waarnemende munisipale bestuurder van Nala-plaaslike munisipaliteit, Sandile Busakwe. Dié klag wat by die Wesselsbronse polisie teen Busakwe ingedien is, is vir die oortreding van die Nasionale Omgewingsbestuurswet, die Afvalbestuurswet en die Nasionale Waterwet. Die klagte hou verband met riool wat […]

Nala: VF Plus versoek provinsiale ingryping

Die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville en Wesselsbron) se munisipale openbare rekeningekomitee funksioneer nie en die munisipaliteit se finansies is deurspek van onreëlmatighede tot nadeel van die inwoners. Van die onreëlmatige uitgawes sluit in die vervoer- en verblyfkoste van politieke ampbekleërs, vlugte en motorhuur. Die komitee se oorsigrol word van hom ontneem deurdat hy nie op ‘n […]

Nala-munisipaliteit: Strafklag teen bestuurder oor riool in veld

Die VF Plus het gister ‘n strafregtelike klag ingedien teen die waarnemende munisipale bestuurder van Nala plaaslike munisipaliteit, Sandile Busakwe. Die klagte hou verband met riool wat al etlike jare langs die Wesselsbronrioolaanleg op die dorp in die veld uitgepomp word. Die pomp van die aanleg is glo gesteel en die munisipaliteit het skynbaar besluit […]

Vullis vir 21 dae nie verwyder weens onpadwaardige voertuie

Onverwyderde vullissakke in Bothaville en Wesselsbron se strate is ‘n sigbare simbool van hoe die ANC se plundering in die Vrystaat ook Nala in die afgrond in bestuur het. Onpadwaardige diensleweringsvoertuie in die Nala-plaaslike munisipaliteit en ‘n sloerstaking deur munisipale werkers is die rede waarom vullis vir die afgelope 21 dae nie in Bothaville en […]

VF Plus oorhandig griefskrif namens ontstoke inwoners

Die VF Plus het vandag ‘n griefskrif namens die inwoners van die Nala-plaaslike munisipaliteit, wat Wesselsbron en Bothaville bedien, oorhandig. Die griefskrif maak beswaar teen die algehele verval van die munisipaliteit se bestuur en infrastruktuur. Inwoners maak ook beswaar oor hul vir dienste betaal, maar tans in baie gevalle weens die munisipaliteit se onvermoë op […]

Nala-munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) skuld R4 miljard aan krediteure

Die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) skuld sy krediteure nagenoeg R4 miljard. Daarbenewens het die Provinsiale Tesourie bevind dat die munisipaliteit se begroting vir die komende finansiële jaar onbefonds is. Die begroting is dus onrealisties en strydig met wetlike bepalings soos in die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) vervat. Die invorderingskoers van die munisipaliteit se debiteure is […]

Nala-donkerte nie inwoners se skuld

Die munisipale bestuurder van die Nala-munisipaliteit, Chris Mokomola, was huiwerig om antwoorde te verskaf oor vrae van die VF Plus of die elektrisiteitstoevoer na Bothaville en Wesselsbron in die Nala-munisipaliteit afgesny gaan word aangesien ‘n afbetalingsooreenkoms met die elektrisiteitsvoorsiener nie nagekom word nie. Die VF Plus het Mokomela telefonies gevra of die elektrisiteit na die […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.