Ekurhuleni gaan sukkel om diens te lewer
Die VF Plus het die Ekurhuleni-metro gewaarsku dat dié metro nie die inkontraktering van dienste kan bekostig nie en deur die instelling daarvan kan die metro verder in die skuld verval. Ekurhuleni het nog altyd van kontrakteurs gebruik gemaak om sekere dienste te voorsien. Dit is te betwyfel of die metro die eerste fase van […]
Ekurhuleni moet ongeouditeerde finansiële state aan raad voorlê
Die VF Plus het tydens ʼn spesiale raadsitting van die Ekurhuleni-metroraad daarop aangedring dat die eerste kwartaal van die 2023/24-finansiële jaar se ongeouditeerde finansiële state aan die raad voorgelê word. Dit is om ʼn duideliker prentjie te kry oor die metro se finansiële situasie. Luidens berigte het die metro net R438 miljoen se kontant tot […]
Ekurhuleni verloor meer as R1,5 miljard aan kraginkomste
Die Ekurhuleni-metro het in die 2022/2023-finansiële jaar meer as R1,5 miljard aan kraginkomste verloor weens beurtkrag, onwettige kragverbindings, knoeiery aan kragdrade en die maklike toegang tot kragmeters. Dié skokkende inligting is gepubliseer in ʼn verslag van die finansiële oorsigkomitee ter voorbereiding vir die 2024/25-finansiële begroting. Volgens die verslag kan die werklike verlies selfs hoër wees […]
Ekurhuleni-metro moet inwoners ingelig hou oor kragonderbrekings
Die VF Plus dring daarop aan die Ekurhuleni-metro inwoners ingelig hou oor onverwagte kragonderbrekings wat hulle raak. ʼn Brand het nege dae gelede by die Witkoppie-substasie in Boksburg uitgebreek, maar die metro het geensins moeite gedoen om inwoners op hoogte te hou met die vordering van herstelwerk nie. Kragtoevoer is dieselfde dag na sekere woonbuurte […]
EFF in Ekurhuleni oneerlik oor uitkontraktering van dienste
Die EFF in die Ekurhuleni-metroraad is oneerlik rakende die uitkontraktering van sekuriteit- en skoonmaakdienste in die metro. Tydens ʼn raadsitting van 27 Januarie 2022, het die EFF-raadslid en tans die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Nkululeko Dunga, in ʼn mosie daarop aangedring dat die uitkontraktering van sekuriteit- en skoonmaakdienste gestaak word en direk deur die metro gelewer […]
Dood van 17 mense in nog ʼn Boksburg-tragedie skokkend
Die VF Plus is geskok oor die sinnelose dood van 17 mense gisteraand in die Angelo-informele nedersetting in Boksburg. Luidens berigte het die inwoners stikstofoksied ingeasem wat uit ʼn gassilinder gelek het. ʼn Hele gesin is in die tragedie uitgewis. Inwoners van dié nedersetting, wat bekend is vir onwettige mynboubedrywighede, lê die blaam vir die […]
Ekurhuleni-begrotingsrede: ANC/EFF-metroregering stel meer belang in roekelose en onbefondsde besteding as goeie dienslewering
Die VF Plus het die Ekurhuleni-metroraad se begroting vir die 2023/24-finansiële jaar verwerp. Dit is duidelik die ANC/EFF-metroregering stel meer belang in die roekelose en onbefondsde besteding van openbare fondse as in goeie dienslewering. Die oorhoofse tema van die ANC/EFF-metroregering se begroting was een van besteding met geld wat nie bestaan nie. Heelwat van die […]
ANC en EFF stem teen Ekurhuleni se aansuiweringsbegroting
Verbeterde dienslewering in die Ekurhuleni-metro is gister ‘n nekslag toegedien met die Die ANC, EFF en hul ondersteunende minderheidspartye wat teen die aansuiweringbegroting gestem het. Die aansuiweringsbegroting kon dus nie goedgekeur word nie. Die aansuiweringsbegroting se fokus is om verouderde kraginfrastruktuur te vervang, kabeldiefstal te verminder en vullisverwydering te verbeter. Die metro gaan gebuk onder […]
Vertraging van aansuiweringsbegroting beroof Ekurhuleni-inwoners van broodnodige dienslewering
Die inwoners van die Ekurhuleni-metro word geweldig benadeel met die vertraging in die aanvaarding van die aansuiweringsbegroting weens die gewelddadige ontwrigting van die metroraad se sittings. Broodnodige dienslewering word as gevolg hiervan net ‘n groter uitdaging. Die metroraad het die oorspronklike 2022/2023-begroting in Mei 2022 aanvaar. Die doel van die huidige aansuiweringsbegroting is om die […]
Ekurhuleni ontvang skoon oudit vir 2021/22-finansiële jaar
Die Ekurhuleni-metro se ongekwalifiseerde ouditverslag vir die 2021/22-finansiële jaar getuig van ‘n skoon administrasie en ‘n gesonde koalisievennootskap waarvan die VF Plus deel is. Die ouditeur-generaal (OG) het aangedui dat die finansiële state vry is van wesenlike wanvoorstellings (dus 'n finansieel ongekwalifiseerde ouditmening) en dat daar geen wesenlike bevindinge is rakende verslagdoening oor prestasiedoelwitte of […]