Spesiale ondersoekeenheid ondersoek omstrede tenderproses in Midvaal
Die VF Plus verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa aan die spesiale ondersoekeenheid (SOE) om ‘n omstrede tenderproses in die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) te ondersoek. Die tenderproses handel oor die verkryging van ‘n kontrakteur vir die huur van ‘n voertuigopsporingstelsel insluitende die installering, monitering en onderhoud van ‘n webgedrewe, […]
VF Plus verwys voorgestelde laekoste behuisingsprojek in Meyerton terug na komitee
Die VF Plus het die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) versoek om ‘n beplande laekoste-behuisingsprojek tussen Meyerton se industriële- en ‘n residensiële gebied na die komitee vir ontwikkeling en beplanning terug te verwys vir verdere ondersoek oor die haalbaarheid van die projek. Die beplande projek maak voorsiening vir meer as 100 laekoste-wooneenhede […]
VF Plus versoek Midvaal-munisipaliteit om grondpaaie in Riversdale te skraap
Die VF Plus het die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) se burgemeester, Bongani Baloyi, versoek om dringend aandag te skenk aan Riversdale se padinfrastruktuur nadat grondpaaie daar onbegaanbaar geraak het. Riversdale is ‘n opkomende woongebied in Meyerton waar middelklas en gegoede persone hulle vestig. Veral Ronaldweg, Steynberg- en Katjiepieringstrate in die woonbuurt […]
Midvaal-munisipaliteit verarm bejaardes deur korting op eiendomsbelasting op te skort
Die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) verarm bejaardes met ‘n besluit om 'n korting van R70 000 op eiendomswaardasies aan seniors op te hef. Die VF Plus het aan die begin van 2020 die raad versoek om ‘n belastingkorting aan senior burgers op eiendomsbelasting toe te staan. Die korting het gedurende die […]
VF Plus-ingryping in Midvaal spaar belastingbetalers miljoene
Die VF Plus in die Midvaal-plaaslike munisipaliteit het ‘n groot oorwinning vir belastingbetalers behaal nadat ‘n swart ekonomiese bemagtigingkontrak aan JPL Chemicals and Pest Control CC, vir plaagbeheer en onkruidverwydering op aandrang van die party gekanselleer is as gevolg van tender-ongerymdhede. Hierdie ingryping van die VF Plus het die belastingbetaler na raming sowat R6 miljoen […]
Fluitjieblasers in Midvaal praat oor beweerde ongerymdhede
Die VF Plus verwelkom ‘n ondersoek na beweerde ongerymdhede in die Midvaal-plaaslike munisipaliteit om te verseker die munisipaliteit handhaaf ‘n skoon administrasie-beleid. Die ondersoek volg nadat mnr. Tom Peeters, adjunk-munisipale bestuurder, ‘n lastersaak teen die burgemeester van Midvaal, mnr. Bongani Baloyi, aanhangig gemaak het. Burgemeester Baloyi het mnr. Peeters glo daarvan beskuldig dat hy geld […]
VF Plus bekommerd oor toekenning van tenders in Midvaal
Die VF Plus neem kennis van ‘n groep amptenare in die Midvaal-plaaslike munisipaliteit wat na vore gekom het om sekere bekentenisse te maak rakende die toekenning van tenders. Die party is veral bekommerd oor bewerings dat daar moontlik ‘n botsing van belange is weens tendertoekenings aan familielede van senior politici. Die VF Plus het verskeie […]
Midvaal neem stappe teen finansiΓ«le hoof en munisipale bestuurder
Die voortdurende binnegevegte in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit het nou ‘n punt bereik waar dit kan lei tot ernstige diensleweringsprobleme in die gebied. Tydens ‘n onlangse raadsvergadering het dit aan die lig gekom dat daar moontlik wetlike oortredings was met die aanstelling van die finansiële hoof en munisipale bestuurder van die munisipaliteit. Die VF Plus vra […]
Midvaal-belastingbetalers kan hulself voorberei om ‘n halfmiljoen rand aan onnodige regskostes te betaal
Midvaal se belastingbetalers kan hulself voorberei om ‘n halfmiljoen rand aan regskostes te betaal in ‘n lastersaak tussen die burgemeester, Bongani Baloyi, en die adjunk-munisipale bestuurder, Mnr. TW Peeters. Dié lasteraksie volg nadat Baloyi glo op verskeie platvorms Peeters daarvan beskuldig het dat hy geld van mense geneem het in ruil vir munisipale betrekkings. Die […]