VF Plus verwelkom deurbraak rakende bedrog van R58 miljoen in Maluti-a-Phofung

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van twee verdagtes wat betrek word by bedrog van R58 miljoen in die Maluti-a-Phofung-plaaslike munisipaliteit (Harrismith, Phuthaditjhaba en Kestell). Die verdagtes word aangekla van onder meer bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Die klagte hou verband met die onreëlmatige aanstelling van 'n diensverskaffer vir […]