fbpx
Vryheidsfront Plus

Dipaleseng verkwis R226 miljoen hoofsaaklik weens vrugtelose uitgawes op rente

Die bestuur van Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Grootvlei, Balfour, Greylingstad) het meer as R226 miljoen die afgelope agt finansiΓ«le jare met vrugtelose en verkwiste besteding vermors. Dit het vanaf 2012 tot 2020 plaasgevind. Die feite het aan die lig gekom nadat die munisipaliteit op oudit-navrae vanaf die ouditeur-generaal (OG) moes reageer. In haar antwoorde op vrae van […]

VF Plus maan Dipaleseng-munisipaliteit om op te tree teen stakers

Die bestuur van die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Grootvlei, Balfour, Greylingstad) het uiteindelik op aandrang van die VF Plus teen stakende munisipale werkers begin optree. Die voortslepende staking van munisipale werkers is besig om Ε‰ ernstige krisis te veroorsaak aangaande dienslewering in diΓ© munisipaliteit. Inwoners het die afgelope twee weke herhaaldelik voor dooiemansdeur by verskeie munisipale kantore […]

VF Plus-druk lei tot daadwerklike aksies om waterkwaliteit in Dipaleseng te verbeter

Volgehoue druk van die VF Plus in die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Grootvlei, Greylingstad) het die munisipale bestuur aangespoor om daadwerklike aksies van stapel te stuur om plaaslike waterkwaliteit te verbeter. Die VF Plus het die afgelope ses maande in samewerking met WaterCan verskeie toetse in die munisipaliteit gedoen om die kwaliteit van water te bepaal. […]

Dipaleseng se begroting is onrealisties

Die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) se voorgestelde 2023/2024-begroting en aangepaste geΓ―ntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) se praktiese uitvoerbaarheid en die munisipaliteit se geskiedenis van gefaalde implementering en wanbestuur daarvan laat veel te wense oor. Die munisipaliteit het hierdie week tydens ‘n spesiale raadsitting sy beplande finansiΓ«le begroting en aangepaste GOP ter tafel gelΓͺ. Die VF Plus […]

Dipaleseng wil onrealistiese begroting voorhou

Die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) se voorgestelde begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) vir die 2023/24-finansiële jaar skets dalk ‘n mooi prentjie, maar is prakties onuitvoerbaar. Die munisipaliteit se geskiedenis van gefaalde implementering en wanbestuur van die GOP laat veel te wense oor. Enige voorgestelde verhogings van tariewe en heffings sal ‘n onbekostigbare las op […]

Onaanvaarbaar dat Dipaleseng swyg oor besoedelde water

Dit is onaanvaar dat die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) al sedert 22 Maart weet sy drinkwater is met E. coli besmet, maar steeds swyg oor die feit dat dit nie geskik is vir menslike gebruik nie. Toetse wat in samewerking met die VF Plus en WaterCan op 14 Maart op die water uitgevoer is, […]

Beurtkrag verhinder voertuigeienaars om lisensies te vereffen in Dipaleseng

Inwoners wat die lisensiekantore in die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit besoek om hul lisensies te hernu, kan dit weens beurtkrag nie doen nie. Die munisipaliteit, wat Balfour, Greylingstad en Grootvlei bedien, het nie 'n kragopwekker nie. Die toedrag van sake beïnvloed ook nuwe voertuigeienaars en veral motorhandelaars wat lisensiëring as ‘n diens aanbied. Inwoners beaam dat dit […]

VF Plus verwelkom finale boufase van langverwagte hospitaal in Dipaleseng

Die VF Plus in die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) verwelkom die feit dat die beplande Balfour-gemeenskapshospitaal se finale boufase ná 20 jaar uiteindelik 'n einde in sig het. Inwoners moes vir jare met slegs kliniekdienste tevrede wees. Vir meer gevorderde mediese hulp moes hulle tot dusver na nabye dorpe soos Standerton of Heidelberg reis. […]

VF Plus slaag met mosie om vervalle infrastruktuur van Dipaleseng reg te laat ruk

Die VF Plus het met ‘n mosie tydens ‘n sitting van die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) daarin geslaag om die herstel van vervalle infrastruktuur hoog op die agenda te plaas. Die party het onder meer daarin geslaag om die raad te oortuig dat die posisie van direkteur vir die departement van infrastruktuur, so gou […]

VF Plus eis antwoorde van Dipaleseng-burgemeester oor stand van administrasie en dienslewering

Die VF Plus het in 'n skrywe aan die burgemeester van die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit, me. Khethiwe Moeketsi, antwoorde geëis oor die stand van die munisipaliteit se administrasie en dienslewering. Die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) is ‘n toonbeeld van swak infrastruktuurinstandhouding en inwoners ly weens die swak munisipale bestuur. Skoon water wat in strate afloop […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.