ANC-faksiegevegte in Mangaung lei tot onaanvaarbare verontagsaming van wetgewing

Faksiegevegte binne die ANC in die Mangaung-metro veroorsaak dat uiters belangrike munisipale finansiële bestuurswetgewing (MFMA) blatant verontagsaam word. Die MFMA bepaal dat die burgemeester van ‘n munisipaliteit die jaarverslag, insluitend die oudituitkomste van die vorige boekjaar, voor 31 Januarie van die daaropvolgende jaar aan die raad moet voorlê. Mnr. Mxolisi Siyonzana, burgemeester van die Mangaung-metro, […]
Mangaung: VF Plus stem teen ANC se saamgeflansde begroting

Die VF Plus het vandag teen die Mangaung-metro se begroting gestem omdat belasting en tariewe nie vir dienslewering, ekonomiese groei, ontwikkeling en die verbetering van die lewens van alle metro-inwoners aangewend word nie. Die VF Plus het tydens die begrotingsvergadering dit duidelik gestel dat tariewe nie hoër as die inflasiekoers behoort te wees nie. […]