fbpx
Vryheidsfront Plus

NMBM loop gevaar van siviele eise weens oop kragkabels in Algoapark

Die VF Plus het die EFF se burgemeesterskomiteelid vir elektrisiteit in die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM), me. Ntombizanele Sikawuti, gewaarsku dat die metro hom aan siviele eise blootstel weens lewensgevaarlike oop kragdrade in Algoapark. Algoapark is Ε‰ voorstad van Port Elizabeth (Gqeberha). Die VF Plus het Ε‰ oorsigbesoek aan Algoapark gebring nΓ‘ klagtes van inwoners dat […]

Flentergat voertuigvloot van Nelson Mandelabaai kniehalter dienslewering

Die VF Plus het met Ε‰ oorsigbesoek aan al die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) se munisipale voertuigdepots miljoene rand se diensleweringsvoertuie gevind wat al vir jare staan en vergaan. Die party het nΓ‘ vele klagtes van munisipale werkers dat hulle hul eie voertuie moet gebruik of geld bymekaar moet sit vir brandstof vir Ε‰ munisipale voertuig […]

ANC en EFF teiken NMBM-koalisieregering om hande op geldkoffers te kry

Die ANC en EFF se mosies van wantroue in die speaker, Gary van Niekerk, burgemeester, Retief Odendaal, onderburgemeester, Mkhuseli Jack en hoofsweep, Bill Harington, van die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) is bloot ‘n poging om hul hande op die metroraad se geldkoffers te kry. Die koalisieregering, waarvan die VF Plus deel is, is die laaste sewe […]

NMBM skuif R114 miljoen met aansuiweringsbegroting om vervalle waterinfrastruktuur te herstel

Daar is net sowat 175 dae se water oor in damme wat die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) voorsien en noodplanne hieroor word beraam. Altesame R114 miljoen van verskeie departemente sal na die metro se waterdiensdirektoraat verskuif word om ‘n gedeelte van die vervalle waterinfrastruktuur te herstel. Dit kom nadat die NMBM die 2022/2023-aansuiweringsbegroting goedgekeur het. Net […]

VF Plus en koalisievennote van Nelson Mandelabaai vasbeslote om somber oudituitslag om te keer

Die VF Plus as deel van die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) se koalisieregering is reeds besig om sy strategiese regeringsplan in werking te stel om die metro se somber ouditverslag vir die 2021/2022-finansiële jaar om te keer. Amptenare moet verantwoordelik gehou word vir swak dienslewering. Die NMBM is met die ouditeur-generaal (OG) se 11de gekwalifiseerde ouditmening […]

Protesaksie is nie oplossing vir diensleweringsprobleme of -eise

Dit is onaanvaarbaar dat inwoners van informele nedersettings in die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM), wat aandring op munisipale dienste, protesaksies as eerste uitweg gebruik. Daar moet eerder in gesprek getree word met die metroraad om oplossings vir probleme en die mense se frustrasie te kry. Die inwoners van die Bayland-nedersetting het onlangs groot ontwrigting veroorsaak toe […]

NMBM-rampbestuursplan moet aangepas word

Die VF Plus het tydens ‘n sitting van die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) se strategiese beplanningskomitee gevra dat die burgemeester, Retief Odendaal, dringend aandag moet skenk aan die metro se rampbestuursplanne om brande, soos wat tans woed, beter die hoof te kan bied. Die NMBM het die afgelope dae gebuk gegaan onder beproewende warm en winderige […]

Belastingbetalers van Nelson Mandelabaai ly onder ANC se magsbeheptheid

Die VF Plus het vandag ‘n versoek by die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) se openbare rekeningekomitee ingedien om ‘n verslag van die stadsbestuurder, dr. Noxolo Nqwazi, aan te vra oor die bedrag wat die metro tot dusver aan die hofsake van die burgemeester, Eugene Johnson, bestee het. Johnson het haar vir die tweede keer in ‘n […]

Nelson Mandelabaai-metro: Verbeter diens voor salarisse verhoog

Die VF Plus steun nie 'n salarisverhoging van 4,4% vir raadslede van ‘n metro soos Nelson Mandelabaai (NMBM) met uiters swak dienslewering nie. Dié geld kan eerder aangewend word vir die instandhouding van die uitgediende waterpypleiding sodat raadslede kan wys hulle is ernstig oor dienslewering en watersekerheid. Die VF Plus is ook van mening dat […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.