Merafong beleef watertekorte
Inwoners van die Merafong City-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) gaan die feesseisoen met Ε watertekort binne nadat Randwater besluit het om die watertoevoer na die munisipaliteit met sowat 70% te verminder. Randwater se besluit het daartoe gelei dat die watervlakke van reservoirs tot 38% gedaal het. Die toevoer kan alleenlik verhoog word wanneer reservoirs Ε […]
Nuwe onderburgemeester van Merafong gaan inwoners byna R1 miljoen kos
Die pasaangestelde onderburgemeester van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) gaan inwoners byna R1 miljoen per jaar uit die sak jaag. Mogomotsi Sello is vandag tydens Ε spesiale raadsvergadering as onderburgemeester aangewys. Hy sal die pligte van die burgemeester, Nozuko Best, uitvoer wanneer sy nie beskikbaar is nie. Die VF Plus het geweier om deel […]
Vullisverwydering ruk tot stilstand in Merafong nΓ‘ laaste trokke breek
Vullisverwydering in die Merafong City-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) het tot stilstand gekom nadat die enigste twee werkende vullisverwyderingstrokke hierdie week die gees gegee het. Die ANC-beheerde munisipaliteit het nie geld om die kontrakteur, wat verantwoordelik is vir herstel van die trokke, te betaal nie. Die VF Plus het die munisipaliteit al telkens gewaarsku om […]
Onverwerkte riool vloei langs paaie in Welverdiend
Die voortslepende rioolprobleem wat dele van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) teister, is weens bestaande rioolinfrastruktuur wat nie tred hou met nuwe uitbreidings nie. Riool vloei padlangs vanaf Carletonville na Welverdiend weens geblokte rioolpype en beland in die Wonderfonteinspruit wat uitmond in die Boskomdam. Landboubedrywighede tussen die Wonderfonteinspruit en die Boskomdam word ook bedreig […]
Inwoners van Kokosi en Deelkraal ontwrig Merafong-raadsvergadering
Die VF Plus in die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) kon gister nie ‘n spesiale raadsvergadering bywoon nie weens inwoners van Kokosi en Deelkraal wat ‘n raadsvergadering ontwrig het. Die spesiale raadsvergadering was vir die goedkeuring van die aansuiweringsbegroting. Inwoners wou met die burgemeester, me. Nozuko Best, praat oor die gebrek aan dienslewering en veral […]
Skool in Khutsong in Carletonville amptelik gesluit weens reuse sinkgat
Die Relebogile Sekondêre skool in Khutsong in Carletonville moes gisteroggend sy deure amptelik sluit nadat ‘n sinkgat onder die ablusieblok gevorm het. Geen leerlinge was by die skool toe die sinkgat gevorm het nie aangesien leerders drie dae gelede geweier het om verder klasse by te woon weens die ondraaglike hitte in die tydelike klaskamers. […]
VF Plus versoek inwoners van Carletonville om kabeldiefstal aan te meld
Die VF Plus doen ‘n dringende beroep op inwoners van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) om waaksaam te wees en kabeldiefstal dadelik aan die polisie te rapporteer. Kabeldiefstal vind nou byna daagliks plaas en die munisipaliteit kan nie voorbly om kabels te vervang nie. Verlede Vrydag is ‘n 200m-kragkabel by die Wonderfontein-hoewes gesteel. Die […]
Inwoners van Carletonville weke sonder krag weens vandalisme
Die Weswits-substasie in Carletonville het gisteroggend vir die tweede keer in drie weke onder vandale deurgeloop. Daar is ook op sekuriteitsbeamptes geskiet. Die vandalisering en kabeldiefstal het vroegoggend tydens beurtkrag plaasgevind wat die hele Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sonder krag gelaat het. Drie weke gelede het ‘n soortgelyke voorval plaasgevind waarna die hele Merafong […]
Merafong gaan finansieel verder agteruit
Dit blyk duidelik uit die kwartaalverslag van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) dat dié munisipaliteit se finansiële toestand maandeliks versleg. Merafong se uitstaande skuld was in Mei vanjaar R1 103 302 318 en het in Junie verhoog met R19 133 428 tot R1 122 415 746. Die munisipaliteit se grootste skuld, soos baie ander […]
Merafong: VF Plus stem teen die raad se onbeholpe en onbefondsde begroting
Die VF Plus het teen die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) se onbeholpe en onbefondsde begroting gestem. Die begroting soos voorgestel deur die ANC-beheerde raad, is onderbefonds met ‘n uiters swak vlak van inkomsteverhaling van slegs 50% van inwoners wat die ander moet dra. Dit het die gevolg dat diensteheffings hoër as inflasie styg soos […]