VF Plus versoek kwartaallikse vorderingsverslag vir tydige indiening van Tshwane-jaarverslag
Die VF Plus in die Tshwane-metroraad het aanbeveel dat die metro se jaarverslag tesame met die vordering van die finansiële state kwartaalliks aan die finansiële komitee gerapporteer moet word. Dié stap volg nadat die metro by die Nasionale Tesourie aansoek gedoen het om drie maande uitstel met die indiening van sy finansiële state. Die metro […]
VF Plus verwelkom finansiële omkeerstrategie vir Tshwane-metro
Die finansiële omkeerplan wat tydens ʼn raadsvergadering van die Tshwane-metroraad goedgekeur is, word verwelkom. Die omkeerplan is ʼn poging om die metro se finansies te stabiliseer. Die Tshwane-metro sukkel om sy verpligtinge aan handelskrediteure soos Eskom te betaal en skuld die kragverskaffer tans R1,9 miljard. Die metro sukkel ook om sy debiteureboek van R20 miljard […]
Tshwane-metro se aansuiweringsbegroting fokus op finansiële volhoubaarheid
Die goedkeuring van die Tshwane-metro se aansuiweringbegroting vir die 2022/23-finansiële jaar wat met stampe en stote gepaard gegaan het, is ‘n groot oorwinning vir die koalisieregering waarvan die VF Plus deel is. Daar kan nou op basiese dienslewering en die metro se finansiële volhoubaarheid gefokus word. In die aansuiweringsbegroting is R50 miljoen bewillig om debiteure-invordering […]
VF Plus dring aan dat alle kragmaste in Tshwane-metro inspekteer word
Die VF Plus dring daarop aan dat die Tshwane-metro se departement vir elektriese dienste by al die kragmaste in die metro inspeksies doen om nog ‘n massiewe kragonderbreking, soos wat die afgelope paar dae in Pretoria ervaar is, te voorkom. Sewe kragmaste het Sondagaand neergestort en kragkabels oor die N4 laat val. Dit het veroorsaak […]
VF Plus gaan Tshwane-metro se finansiële omkeerstrategie hersien
Die VF Plus, as koalisievennoot in die Tshwane-metroraad en as voorsitter van die finansiële komitee, gaan die metro se finansiële omkeerstrategie hersien om te voorkom dat daar weer ‘n fiasko ontstaan soos met die Eskom-betaling. Die metro se finansies het onlangs onder druk gekom toe Eskom bekend gemaak het dat die metro ‘n bedrag van […]
VF Plus verwelkom Tshwane-metro se begrotingsrede
Die VF Plus verwelkom die begroting van die Tshwane-metroraad vir die 2022/23 finansiële jaar. Die VF Plus is deel van die koalisieregering en het aktief deelgeneem aan die proses om ‘n begroting daar te stel wat gefokus is op stabiliteit en die lewering van basiese dienste. Die begroting beloop R44,9 miljard waarvan R42,1 miljard vir […]
VF Plus moedig inwoners van Tshwane-metro aan om deel te neem aan openbare deelname-proses vir GOP en konsepbegroting
Die VF Plus moedig die inwoners van die Tshwane-metro aan om die metro se konsepbegroting vir die 2022/23-finansiële jaar asook die voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) te bestudeer en insette te lewer om by te dra tot die vooruitgang van die metro. As deel van ‘n openbare deelname-proses het inwoners die geleentheid om vergaderings by te […]
Tshwane-aansuiweringsbegroting stel dienslewering voorop
Die VF Plus het die aanvaarding van die aansuiweringsbegroting vir die Tshwane-metroraad ondersteun en sodoende verseker dat daar genoeg fondse beskikbaar gestel word vir basiese dienslewering aan inwoners. Die aansuiweringsbegroting word gedoen in terme van Artikel 28 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet wat die metro toelaat om fondse tussen departemente rond te skuif op grond […]
VF Plus bring oorsigbesoek aan Wapadrand-substasie
Die VF Plus in die Tshwane-metroraad het gister (22 Julie) onder leiding van adv. Anton Alberts, VF Plus-nasionale voorsitter en Gautengse LPW, ‘n oorsigbesoek gebring aan die Wapadrand-substasie nadat dit Saterdagaand gedeeltelik deur ‘n brand verwoes is en groot gedeeltes van Pretoria-Oos sedertdien sonder krag gelaat is. Die VF Plus is sedert die brand uitgebreek […]
VF Plus steun nie Tshwane-metroraad se begroting aangesien dit tot nadeel van inwoners is
Die VF Plus het teen die begroting van die Tshwane-metroraad vir die 2021/22-finansiële jaar gestem aangesien dit nie die moeilike finansiële omstandighede van inwoners genoegsaam in ag neem nie en reeds sukkelende inwoners net verder gaan verarm. Die VF Plus het tydens die begrotingsproses insette gelewer en voorstelle gemaak om tariefverhogings te beperk en beter […]