ANC-stemwerwing deur “werkskepping” sal Matlosana se bankrotskap finaal bewerkstellig
Die VF Plus het vandag tydens ʼn raadsvergadering in die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit, sterk kapsie gemaak teen die munisipaliteit se voorneme om 1 042 nuwe munisipale poste te skep en te vul. Die aanstel van ʼn verdere 1 042 werknemers teen meer as R200 miljoen per jaar in die reeds beleërde Matlosana, sal bloot die […]
Palmietfontein-ontwikkeling nie van die baan
Die Palmietfontein-ontwikkeling van laekoste-behuising in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein) waarteen die VF Plus verskeie wesenlike besware het, is nie van die baan nie. Dit blyk dat die ontwikkelaar die projek net tydelik gestaak het weens tegniese redes en dat dit weldra hervat sal word. Die provinsie van Noordwes het die grond langs […]
Tesourie se skuldverligtingsprogram vir Matlosana betekenisloos onder ANC
Die munisipale raad in die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) is vandag deur die munisipale bestuurder, Lesego Seametso, ingelig dat die nasionale tesourie Matlosana se aansoek om skuldverligting goedgekeur het. Die aansoek is aan die tesourie gerig nadat Eskom vroeër op die munisipaliteit se rekeninge beslag gelê het weens opgehoogte kragskuld van […]
VF Plus maak kapsie teen onrealistiese tariefverhogings en begroting in Matlosana
Die VF Plus het vandag tydens ʼn vergadering van die ANC-beheerde munisipale raad in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit, beswaar aangeteken teen die gemiddelde tariefverhogings van 23% in die nuwe jaarlikse begroting. Die party het ook uitgewys dat die geprojekteerde inkomste in die begroting totaal onrealisties is. Hierdie tariefverhogings word boonop ingestel in ʼn tydperk wat gekenmerk […]
Padherstelwerk in Matlosana gestaak weens geldtekort
Die VF Plus is gister tydens ʼn vergadering van die infrastruktuurkomitee van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein), ingelig dat die herstel van paaie en strate in die munisipale gebied grootliks opgeskort is weens ʼn geldtekort. Noodsaaklike voorraad soos teer kan nie aangekoop word nie. Die munisipaliteit het aangedui dat herstelwerk aan paaie […]
Matlosana-munisipale raad steun VF Plus se eis vir hersiening van munisipaliteit se halfjaarlikse verslag
Die VF Plus in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit het vandag tydens ‘n raadsitting daarin geslaag om die munisipaliteit se halfjaarlikse prestasieverslag oor dienslewering, terug te laat verwys vir hersiening en dringende regstelling. Hierdie verslag is veronderstel om die grondslag te wees vir die goedkeuring van ‘n halfjaarlikse aansuiweringsbegroting teen die einde van Februarie. Die VF Plus […]
Kragkrisis dreig in Matlosana na Eskom-hofuitspraak
Die VF Plus eis in ‘n skrywe aan die speaker van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein), Stella Mondlane, dat ‘n dringende raadsvergadering belê word om ‘n afbetalingstrategie goed te keur om die munisipaliteit se uitstaande skuld aan Eskom te delg. Die munisipaliteit skuld Eskom meer as R1 miljard. Hierdie skrywe volg op ‘n […]
Matlosana op rand van finansiële ineenstorting; kan nie meer as lopende saak beskou word nie
Die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) sink daagliks dieper in ‘n finansiële verknorsing in en is op die rand van ‘n totale ineenstorting. Die hoofrede hiervoor is die jarelange wanbestuur van die ANC-beheerde munisipaliteit. Die munisipaliteit kan nie meer as ‘n lopende saak beskou word ingevolge toepaslike wetgewing nie. Dié chaos in die […]
Matlosana-munisipaliteit herstel belangrike straat in Klerksdorp ná volgehou druk van VF Plus
Ná volgehoue druk van die VF Plus op die munisipale bestuurder van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein), Theetsi Nkhumise, het herstelwerk aan Buffeldoornweg in Klerksdorp vandag begin. Buffeldoornweg is ‘n kern ekonomiese aar in Klerksdorp met baie groot ondernemings en kantore wat in die straat geleë is. Inwoners van die omliggende woonbuurte, Wilkoppies, […]