fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis antwoorde rondom verseΓ«lde brandkrane in Tzaneen

NΓ‘ die verwoestende brande wat dele van Phalaborwa in puin gelΓͺ het die afgelope naweek, het die VF Plus Ε‰ dringende skrywe aan die Tzaneen-plaaslike munisipaliteit (GTM) se direkteur vir ingenieursdienste, me. Olga Tshisevhe, gerig en antwoorde geΓ«is rondom brandkrane wat by hoΓ« brandrisiko’s in Tzaneen beskadig of verseΓ«l is. Tzaneen gaan gebuk onder gereelde […]

Tzaneen-begroting: Openbare deelnameproses skiet tekort

Die Groter Tzaneen-plaaslike munisipaliteit (GTM) het gister die finale munisipale konsepbegroting deur die raad gevoer sonder dat die wetlik vereiste openbare deelnameproses gevolg is. GTM het Maandag, 29 Mei tydens ’n raadsvergadering sy 2023/2024-finansiΓ«le begroting en hersiene geΓ―ntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) ter tafel gelΓͺ. Hierdie begroting is aan raadslede voorgehou asof ’n deurdagte proses gevolg is […]

VF Plus dien klag in by MRK oor Tzaneen-watertekorte

Die inwoners van Tzaneen gaan al vir jare gebuk onder watertekorte en om dié rede het die VF Plus ‘n klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien. Sommige huishoudings is bykans die hele dag sonder water en in die aand word die watertoevoer om 21:00 afgesny om die reservoirs se vlak te stabiliseer of vol te […]

Tzaneen-munisipaliteit: Ouditeur-generaal se verslag wys verskeie knelpunte uit

Die Tzaneen-plaaslike munisipaliteit het ‘n ongekwalifiseerde ouditverslag met bevindings van die ouditeur-generaal (OG) ontvang vir die afgelope finansiële jaar. Alhoewel dit nie sleg is nie, het die OG wel sekere knelpunte uitgelig. Van die knelpunte wat uitgewys is, sluit onder meer die volgende in: • Oortyd Word baie sleg bestuur en gemonitor.• VerlofuitbetalingsWerknemers aan wie […]

Tzaneen: Buitensporige oortydbetalings kan nie goedgekeur word nie

Die reuse bedrag van R8 257 486.93 wat die Tzaneen-plaaslike munisipaliteit (Haenertsburg, Tzaneen) net in die eerste kwartaal van die nuwe finansiële jaar (Julie tot September 2022) aan oortydbetalings bestee het, is ‘n onaanvaarbare vermorsing van geld. Die VF Plus het hom tydens ‘n vergadering van die munisipaliteit se gesamentlike begrotings- en infrastruktuurportefeuljekomitee, sterk daarteen […]

Belastingbetalers van Tzaneen moet opdok vir besoek van mej. Suid-Afrika

Die VF Plus is saam met die inwoners van Tzaneen opgewonde oor die besoek van 2022 se mej. Suid-Afrika, Ndavi Nokeri, aan haar tuisdorp, maar nie oor die koste daaraan verbonde nie. Die Tzaneen-plaaslike munisipaliteit (Haenertsburg, Tzaneen) het onderneem om pa te staan vir onder meer 'n beplande gala-ete vir 200 gaste op 27 Augustus […]

Salarisverhogings vir raadslede moet laaste prioriteit wees vir Tzaneen-munisipaliteit

Die VF Plus in die Tzaneen-plaaslike munisipaliteit het vandag tydens ‘n raadsvergadering teen ‘n verhoging van 3% vir raadslede gestem. Die raad het ’n verhoging van 3% terugwerkend vanaf Julie 2021 goedgekeur en dit sluit raadslede in wat nie herkies is tot die munisipale raad nie. Hierdie terugwerkende verhoging sal die raad ‘n addisionele bedrag […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.