Wysigingswetsontwerp op Dierebeskerming om kosmetiese toetse te verbied, afgekeur

Dit is ʼn skande dat die parlement se portefeuljekomitee oor landbou die privaatlid-wysigingswetsontwerp op Dierebeskerming om kosmetiese toetse op diere te verbied, afgekeur het. Alhoewel daar sover bekend nie kosmetiese toetse op diere in Suid-Afrika gedoen word nie, sou die institusionalisering hiervan ʼn stap in die regte rigting gewees het wat die formele, voorkomende beskerming […]
Stakende werkers van Metsimaholo ʼn jaar sonder persoonlike beskermende toerusting

Werkers van die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit staak reeds vanaf 24 Mei 2023 omdat hulle ʼn jaar lank reeds sonder persoonlike beskermende toerusting moet werk. Die staking het dienslewering in die munisipaliteit tot stilstand gedwing. Vullis is die afgelope twee weke nie verwyder nie en herstelwerk word nie gedoen nie. Die effek van hierdie staking kan lei […]
R35.5 miljoen se skade in Matjhabeng aangerig weens kabeldiefstal
Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) het die afgelope boekjaar sowat R35.5 miljoen skade gely weens kabeldiefstal en vandalisme. Die VF Plus ontvang daagliks klagtes oor kragonderbrekings wat buite geskeduleerde beurtkragtye plaasvind. By nadere ondersoek is vasgestel dat vandalisme, diefstal, swak en vervalle infrastruktuur en ʼn gebrek aan toerusting die rede vir […]
VF Plus help om Wêreld-gedenkmonument in Springs te bewaar
Die VF Plus het Vrydag saam met verskeie kultuurorganisasies, sakelui en die gemeenskap die opening van die herstelde Wêreldoorlog-gedenkmonument in Springs gevier. Organisasies wat betrokke was, is die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), die Voortrekkers, sakelui en inwoners. Die geleentheid was die voortsetting van ʼn aksie bykans ʼn jaar gelede toe ’n groot groep vrywilligers […]
Kragsabotasie in Roodepoort
Die afgelope week is subkontrakteurs van die Stad van Johannesburg gevang waar hulle besig was om ʼn substasie in Wilropark, Roodepoort, te saboteer. Dié gebied het die afgelope ses maande gebuk gegaan onder kabeldiefstal en algemene kragsabotasie. Die gebeure is ‘n nuwe verskynsel waar kontrakteurs sabotasie pleeg om vir hulself meer werk te skep. Dit […]
Myngroep hou gemeenskapsvergadering oor Palmietfontein-prospektering ná beswaar van VF Plus
Kerosam Investments, die myngroep wat van voorneme is om vir diamante, goud, silwer en koper by Palmietfontein tussen Potchefstroom en Ventersdorp te myn, het ingestem tot ʼn gemeenskapsvergadering op 9 Junie in Ventersdorp, nadat die VF Plus in April as ʼn party van belang geregistreer het teen prospektering in die gebied. Die VF Plus het […]
Brutale moord op bekende sakevrou en familielid naby Ohrigstad wys gesig van geweldsmisdaad in Suid-Afrika
’n Brutale aanval op twee bejaardes by die Echo Caves naby Ohrigstad het die brutaliteit van geweldsmisdaad in Suid-Afrika opnuut beklemtoon. Hulle is aan die brand gesteek terwyl hulle nog gelewe het nadat hulle gemartel is. Anneke Claassen (73) en haar vriend, Hennie Claassen (77), is verlede Saterdag op Anneke se plaas naby Ohrigstad vermoor. […]
Emfuleni-plaaslike munisipaliteit keur onbefondsde begroting goed
Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het Dinsdag vir die laaste keer sy sesde agtereenvolgende onbefondsde 2023/24-finansiële begroting goedgekeur. Die provinsiale tesourie van Gauteng het aangedui dat geen munisipaliteit in dié provinsie voortaan ʼn onbefondsde begroting mag goedkeur nie. Emfuleni se onbefondsde begroting beteken dat daar geen einde in sig is vir […]
ANC gebruik nou water om boere van hul grond af te dryf
Die kwota van 75% swart eienaarskap waarna die staat mik in die toekenning van waterlisensies, is ’n deeglik beplande strategie om wit boere van hul plase af te dryf. Dit is niks anders nie as onteiening sonder vergoeding aangesien die regering water nou wil gebruik as ’n wapen teen boere se koppe om hul eiendom […]
Ekurhuleni herevalueer Xbox-speletjies nadat VF Plus kla
Die VF Plus is verheug om te verneem dat die Ekurhuleni-metro sy tender vir die verskaffing van Xbox-speletjies in drie van die metro se biblioteke herevalueer omdat dit geweld aanhits. Die party is nie gekant teen die aankoop van die X-box-konsoles nie. Dit moet egter gebruik en gemonitor word om leerders van nuwe tegnologie te […]