Die VF Plus se konkrete tienpunt-plan vir die verbetering van munisipale bestuur en dienslewering kan soos volg saamgevat word:
Stop die aanstellings van amptenare wat nie op meriete is nie en stel die beste persoon vir die werk aan – ongeag velkleur. Stop rassediskriminasie en fokus so op ʼn beter toekoms vir almal.
Desentraliseer plaaslike regerings en wentel mag af na so na as moontlik aan die gemeenskap deur sub-rade en kleiner munisipaliteite.
Hef billike belastings en tariewe en stop onbillike verhogings.
Skep ʼn gunstige omgewing vir die privaatsektor om ekonomiese groei te stimuleer en volhoubare werksgeleenthede te skep.
Tree as die magsbalans binne veelpartyregerings op en veg vir die regte van VF Plus-kiesers binne sodanige regerings.
Tree as effektiewe waghonde ten opsigte van wanbestuur, korrupsie en onbevoegdheid op en vervul ʼn dinamiese gestruktureerde opposisierol.
Prioritiseer infrastruktuurinstandhouding, voldoening aan toepaslike wetgewing en effektiewe polisiëring en bevorder ‘n kultuur van herwinning.
Stop die verlies aan water weens gebarste pype en lekkasies.
Beskerm erfenis en respekteer diversiteit. Stop die onnodige verandering van plek- en straatname en bevorder veeltaligheid.
Skep ‘n gesonde en veilige omgewing en bevorder goeie waardes.
"*" indicates required fields
@VFPlus twyfel
VF Plus twyfel in geloofwaardigheid van Emfuleni se ruimte-ontwikkelingsraamwerk - Rdl Gerda Senekal
Onderhoud met O FM: https://youtu.be/tEx8fxmdPMQ
"The FF Plus today requested the Gauteng Police Commissioner, Lt Gen. Elis Mawela, to urgently provide the Carletonville police station with more manpower and patrol vehicles to help fight crime." - MPL Kobus Hoffman
📌Article:
Emfuleni moet sperdatum vir evaluering van waardasierol verleng - Rdl Gerda Senekal
📌Artikel: https://bit.ly/EvalueringVanWaardasierol
Die Vryheidsfront Plus is verbind tot groepsregte, teen regstellende aksie en vir ‘n beter SA vir almal.