fbpx
Vryheidsfront Plus

Zuma se finansies moet eerste ondersoek word na Finansiële Intelligensie-Wet geteken is

“Noudat pres. Zuma die Wysigingswetsontwerp op die Finansiële Intelligensiesentrum (FICA) onderteken het, moet Zuma se finansies eerste ondersoek word. Die ondertekening is nie goeie nuus vir Zuma en sy vriende wat deel is van die staatskaping nie. Dit is duidelik dat Zuma alles in sy vermoë gedoen het om die ondertekening solank as moontlik te vertraag en moes weereens eers deur ‘n hofaansoek gedreig word.

“Hierdie FICA-wysingswetsontwerp het ten doel om hoë profiel politici en persone se geldsake te laat ondersoek om sodoende verdagte transaksies, geldwassery en die finansiering van terrorisme te beveg.

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die ondertekening en alle kabinetslede se finansies behoort ook ondersoek te word sodat belastingbetalers verseker kan word staatskaping word vasgevat,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.