fbpx
Vryheidsfront Plus

Zuma onkundig oor vuurwapens

President Jacob Zuma se opmerking dat daarna gekyk moet word om Suid-Afrika ’n vuurwapenvrye land te maak, getuig van onkunde, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.

Dr. Groenewald sê hoewel almal die moorde op lede van die polisie veroordeel, moet daar gekyk word na die opleiding en waaksaamheid van polisielede. Behoorlike opleiding van “straatoorlewing” moet plaasvind.

“Dit is nie die eerste keer dat Zuma sulke opmerkings maak nie. Hy het in 2009 by Tzaneen in Limpopo al gesê dat te veel vuurwapens in die hande van burgerlikes is en dat baie mense as gevolg hiervan vermoor word.

“Die werklikheid is dat die polisie self swak beheer het oor hul vuurwapens en baie word van die polisie gesteel. Die vuurwapenregister-afdeling van die polisie is in chaos en getuig van swak bestuur. Wettige vuurwapeneienaars is nie die probleem nie, maar swak bestuur van die polisie en onwettige vuurwapens is die probleem.

“In lande soos Kanada, Nieu Seeland en Australië het studies getoon geweldsmisdaad neem toe indien burgerlikes ontwapen word. Zuma is ook vinnig om te sê die polisie moet skiet as rowers vuurwapens op hulle rig, maar wat van die algemene publiek?

“Burgerlikes word meer aan misdadigers met vuurwapens blootgestel as lede van die polisie. Die minister sê self dat misdadigers outomatiese R5- en AK 47-gewere het. Die publiek besit nie sulke wapens nie, slegs die polisie en die weermag.

“Dit is ’n mite om te glo dat burgerlikes sonder vuurwapens misdaad sal laat afneem, die teendeel is eerder waar,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397/ 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.