fbpx
Vryheidsfront Plus

Wet oor vuurwapenbeheer steeds hangende: VF Plus hou proses deurgaans dop

Die Konsepwysigingswetsontwerp op die Beheer van Vuurwapens is steeds hangende en die VF Plus het voorsien dat dit weens verskeie redes nie in hierdie jaar afgehandel sal word nie.

Een van die redes is die stroom van besware in die vorm van griefskrifte en voorleggings van sowat 170 000 lede van die publiek en verskeie organisasies. Dit is verblydend aangesien dit wys dat openbare protes en insette wel ‘n invloed kan hê op eensydige en drakoniese regeringsbesluite.

‘n Verdere rede is dat die wetsontwerp nou ook nie meer as prioriteit by die portefeuljekomitee van polisie hanteer word nie.

Dit beteken egter nie die einde van die absurde konsepwet nie en die VF Plus sal die verdere proses met valkoë dophou om te kyk of die departement en kabinet hulle steur aan die besware al dan nie.

Van die regulasies wat met teenkanting begroet is, raak die jaggemeenskap, maar dit is veral die voorstel dat die besit van vuurwapens vir selfverdediging as kategorie geskrap moet word, wat wye verset van die algemene publiek ontlok het.

Hierdie voorstel is niks anders nie as ‘n poging om die publiek te ontwapen.

In ‘n land waar misdaad hand oor hand toeneem, sal dit Suid-Afrikaanse burgers uiters kwesbaar laat teen misdadigers en sal hulle die reg ontneem om hulself, hul geliefdes en eiendom te beskerm.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.