Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Werkers van Emfuleni sit ledig terwyl openbare toilette vrot

Die toiletgeriewe van die lisensiekantoor in Vereeniging is so morsig dat geen mens dit kan waag om daarvan gebruik te maak nie.

Die VF Plus het verlede week ʼn oorsigbesoek gebring aan die lisensiekantore en op die skokkende tonele in die toiletgeriewe afgekom.

Die publiek moet van dié geriewe gebruik maak wanneer hulle vir ure in rye moet staan om bestuurs- of voertuiglisensies te hernu.

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het sowat 120 algemene werkers in diens wat onder meer verantwoordelik is vir die skoonmaak van openbare toiletgeriewe, kantore, parke, stormwaterslote en meer.

Baie van dié werkers is al vir jare onproduktief omdat hulle geen skoonmaakmiddels of -gereedskap het om hul werk mee te verrig nie.

Die werkers verdien ʼn bruto salaris van R261 588 per jaar met voordele wat insluit behuising, pensioen en medies.

Die party het twee jaar gelede ook die lisensiekantore besoek en die waarnemende burgemeesterskomiteelid vir openbare werke, Mako Hassan, versoek om dadelik aandag aan die verval te gee.

Niks het intussen verbeter nie.

Die VF Plus het Vrydag vir beide Hassan en die waarnemende direkteur van openbare werke, Erni Strydom, gevra om dadelik fondse te bewillig om die openbare toiletgeriewe by die lisensiekantore skoon te maak en gebreekte toilette en wasbakke te vervang.

Die onhigiëniese situasie kan nie langer voortduur nie en hou ʼn gesondheidsgevaar in vir die publiek.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op die munisipaliteit om sy plig teenoor die publiek na te kom en sal binnekort weer die lisensiekantore besoek.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.