fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse regering moet waterkrisis omkeer

Die Vrystaatse regering moet alles moontlik doen om moontlike watertekorte weens wanbetaling aan waterrade af te weer. Waternood is altyd ewe erg, maar nou is die feesseisoen op hande na ‘n reeds moeilike jaar met Covid-19.

Munisipaliteite soos die Mangaung-metro-munisipaliteit en Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit se skuld aan onderskeidelik Bloemwater en Sedibeng beloop miljarde.

Hoewel die geskille oor waterskuld deur munisipaliteite nadelig vir waterrade is, is dit uiteindelik die inwoners wat deur die voortslepende probleem geraak word en daaronder ly.

Die geskiedenis het geleer dat waterrade soms op die mees ongeleë tyd watertoevoer verminder. Dit sal onmenslik van waterrade wees om dit oor die feestyd te doen om agterstallige skuld te verhaal, veral teenoor getroue betalende inwoners.

Die VF Plus sal die situasie rondom die beskikbaarheid van water en agterstallige skuld moniteer en sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat inwoners die grondwetlike reg tot water sal hê.

As deel van hierdie poging van die VF Plus om te sorg dat water beskikbaar is, het die party ‘n brief aan die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Skully Nxangisa, gerig waarin hy versoek word om toe te sien watertoevoer nie onderbreek word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.