fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse begroting bevoordeel ANC-verkiesingsveldtog

Vrystaat se LUR vir finansies, Gadija Brown, maak in haar begroting melding van #BuildingTheFreeStateWeWant, maar sy het duidelik nie ‘n idee wat Vrystaters werklik benodig nie.

Die ANC kan nie ernstig oor die bou van die provinsie wees wanneer meer as R688 miljoen vir die 2020/2021-finansiële jaar gekanaliseer is na die premierskantoor wat sowat R200 miljoen meer is as die R446 miljoen aan die departement van samewerkende regering wat sukkelende Vrystaatse munisipaliteite moet bestuur nie.

Die Vrystaat sal R1,4 miljard se voorwaardelike toekennings moet afstaan weens die Covid-19-pandemie. Verder sal die provinsie sowat R305 miljoen se eie gegenereerde inkomste verbeur.

Meer fondse word van die departement van polisie, paaie en vervoer gesny as van die premierskantoor. Die premierskantoor sal volgens die begroting meer as R2 miljard bestee oor die drie-jaar begrotingstydperk.

Die VF Plus is daarvan oortuig dat die Hlasela-veldtog sowel as die premier se departement niks anders is nie as 'n reklamemasjien van die ANC. Met die komende plaaslike regeringsverkiesing in ag genome, is dit geen skok dat die premierskantoor sowat R135 miljoen aan die Hlasela-veldtog sal bestee nie.

Die Vrystaatse begroting getuig weereens van die regerende party se vermetelheid om te midde van die Covid-19-uitbreking steeds hul selfdienende neigings te prioritiseer. Dié begroting is nie ‘n begroting in die beste belang van die mense van die Vrystaat nie.

Die Vrystaat se koffers is leeg en dit wat wel beskikbaar is vir departemente en munisipaliteite, moet behoorlik toegewys en bestuur word.

Die VF Plus sal aanhou veg vir die verantwoordelike kanalisering van fondse.

 

Navrae: 084 206 3375

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.