Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaat-kabinetskommeling slegs beeldpoetsery

Die voortslepende politieke skaakspel binne die ANC raak Vrystaters wat weens die onstabiliteit die uiteindelike verloorders is as gevolg van swak dienslewering.

Die aanstelling van Mxolisi Dukwana as LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) is verwag. Dukwana sal min tyd hê om die verval van Vrystaatse munisipaliteite reg te ruk. Sy aanstelling kort voor die verkiesing op 1 November is blote beeldpoetsery.

Sy voorganger, Thembeni Nxangisa, wat nou as LUR vir landbou en landelike ontwikkeling sal dien, het talle toetse met munisipaliteite gedruip. Hy het geen ervaring in landbou nie en sal nie waarde tot dié belangrike ekonomiese aktiwiteit in die provinsie byvoeg nie.

Die skorsing van Sam Mashinini is te min te laat. Mashinini se verlof die afgelope paar maande het beteken belastingbetalers moes ‘n salaris aan ‘n afwesige LUR betaal. Onder sy termyn het die provinsie se paaie daagliks meer vervalle geraak en hy kon geen daadwerklike plan implementeer om dit te verander nie. Hy het eerder verkies om aan sy bande met Ace Magashule vas te hou.

Die ANC vernietig die Vrystaat net verder en die provinsie kan hierdie politieke speletjies nie bekostig nie.

Die premier se politieke skuiwe is niks anders nie as ‘n desperate poging om haar eie party se magsbalans in die provinsie te red.

William Bulwane wat van landbou en landelike ontwikkeling na polisie, paaie en vervoer skuif, se bevoegdheid om dié belangrike portefeulje te bestuur, is ook onder verdenking.

Uit die skommelings deur die premier was daar duidelik ‘n politieke kompromie wat aangegaan moes word. Dit is egter nie tot voordeel van die provinsie nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.