fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrouemaand-debat in Gautengse wetgewer – Vrouedag moet alle vroue in Suid-Afrika se geskiedenis herdenk

Met die viering van Vrouedag en -maand moet alle vroue in Suid-Afrika se bydrae in die geskiedenis herdenk word en nie net dié van die ANC nie.

Vroue in Suid-Afrika se inperking en ongelykheid is steeds ‘n werklikheid. Daar word elke dag van vroue verwag om op verskeie terreine te beweeg en terselfdertyd op gelyke vlak met die teenoorgestelde geslag mee te ding.

Dit gebeur in ‘n samelewing waar vroue daagliks blootgestel word aan geweld, verkragting, molestering en moord.

Vrouemaand word gevier terwyl vroue in hul werkplek en huise, waar hulle veilig behoort te voel, aangerand en vermoor word.

Die VF Plus kan nie langs die kantlyn staan en toekyk hoe vroue, wat die ruggraat van ‘n moderne samelewing is, ten gronde gaan terwyl hulle net soveel het om by te dra om die land weer ekonomies en moreel vooruit te laat beweeg nie.

Dieselfde regering wat gratis kondome uitdeel, kan ook sanitêre doekies gratis verskaf aan jong meisies uit arm huishoudings. Met so ‘n gebaar sou meisies nie meer elke maand verleë hoef te voel oor ‘n natuurlike aangeleentheid wat hulle ‘n paar dae van die skool laat wegbly nie.

So kan gebou word aan ‘n samelewing waar vroue hul volle potensiaal kan bereik.

Vroue moet nie net gehoor word nie, maar ook na geluister word.

Kontaknommer: 066 010 1053

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.