fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrae oor ontwikkeling in Noorder-Paarl

Daar heers ontevredenheid onder inwoners van die Noorder-Paarl oor ‘n ontwikkeling in hul midde waaroor verskeie vrae hang.

Inwoners wat hulle na die VF Plus gewend het om hulp, en wat in die omgewing van Kerkstraat woon waar die ontwikkeling gaan plaasvind op ‘n perseel waar ‘n openbare ruimte was, glo dat die korrekte openbare deelnameproses nie gevolg is nie en dat die proses daarom nie wettig is nie.

Vrae word ook gevra oor die prys van R1,7 miljoen wat die ontwikkelaar, Imvusa Trading 476 BK, betaal het vir die stuk grond (erf nr. 21161) wat groot genoeg is om sewentien eiendomme op te bou wat elk vir sowat R1,7 miljoen verkoop gaan word.

Luidens dokumentasie is die gemiddelde grootte van die eenhede sowat 400m2.

Volgens die ontevrede eienaars is vertoë oor die aangeleentheid tot die Drakenstein-munisipaliteit gerig en gesprekke is gevoer met die plaaslike wykraadslid asook die burgemeester, mnr. Conrad Poole, maar dit het op dowe ore geval.

Nie almal is gekant teen die ontwikkeling as sulks nie, maar oor die ondeursigtige proses wat volgens hulle gevolg is en wat glo eenparig deur die DA-beheerde raad goedgekeur is.

Die VF Plus sal die raad skriftelik versoek om inligting te verskaf oor die openbare deelnameproses. Indien die proses nie voorskriftelik gevolg is nie, sal dit gekanselleer moet word en van nuuts af gedoen moet word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.