fbpx
Vryheidsfront Plus

Voormalige DA-raadslid in Ekurhuleni sluit aan by die VF Plus

Die VF Plus-leier in Gauteng, adv. Anton Alberts, het vandeesweek ‘n voormalige Ekurhuleni DA-raadslid, Mary Goby, in hul midde welkom geheet.

“Me Goby het na lang oorweging besluit om by die VF Plus aan te sluit omdat die DA nie na minderheidsgroepe se regte omsien nie,” sê adv. Alberts.

Me. Goby het rondom 2008/9 by die DA aangesluit waartydens sy betrokke was by die Westelike uitbreiding-werksgroep. Die doel was om gereeld met munisipale amptenare in gesprek te tree rondom dienslewering.

Gedurende die 2011-munisipale verkiesing is sy as raadslid vir Wyk 28 verkies wat gedeeltes van die westelike uitbreidings, die hele Lakefield, Farrarmere en Alphenpark insluit.

Sy het op die Gemeenskapsveiligheid-portefeuljekomitee gedien weens haar intensiewe betrokkenheid met die GPF, nooddienste en die SAPD.

Gedurende haar tydperk het sy aan verskeie operasies deelgeneem en was ook aan die stuur van sake met die sluiting van verskeie dwelmhuise.

Me. Goby het ook diens gedoen as DA-woordvoerder (skadu-minister) oor gemeenskapsveiligheid weens haar kennis en agtergrond.

Sy was ook deel van groot fondsinsamelingsprojekte omdat sy altyd suksesvol was met die insameling van goedere vir behoeftiges.

“Me. Goby sal beslis met haar jare ondervinding op baie vlakke, haar werksaamhede in Ekurhuleni onder die VF Plus vaandel voortsit,” het adv. Alberts bygevoeg.

 

Kontaknommer: 082 391 3117

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.