Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Voormalige burgemeester van Merafong “beloon” met wetgewerspos na VBS-skandaal

Die skielike aanstelling van die voormalige burgemeester van die Merafong-plaaslike munisipaliteit, Maphefo Mogale-Letsie, as ‘n ANC-lid van die Gautengse wetgewer is niks anders nie as kaderontplooiing en ‘n beloning vir haar aandeel in die wanadministrasie van Merafong.

Die ander naam waaronder sy ingesweer is, Sara Madinge Letsie, is ook baie agterdogtig en die VF Plus sal ook hieroor navraag doen en ‘n ondersoek eis indien nodig.

Mogale-Letsie is op 13 Maart vanjaar deur die ANC uit haar pos verwyder vir haar beweerde aandeel in die VBS-skandaal nadat die munisipaliteit in 2017 geld, volgens ‘n Deloitte-forensiese verslag, onregmatig in die VBS-bank belê het. Die R50 miljoen-belegging is teenstrydig met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur wat aandui dat munisipaliteite nie geld in onderlinge banke mag belê nie.

Benewens die onwettige belegging het die munisipaliteit se finansies onder haar leiding vanaf 2011 tot 2021 geweldig verswak.

Inwoners gaan gebuk onder gereelde krag- en wateronderbrekings, ontoereikende infrastruktuur, diensverskaffers soos Eskom wat nie ten volle betaal word nie en meer.

Die VF Plus bevraagteken die geheimsinnigheid rondom haar nuwe aanstelling. Haar bedanking is op 7 September deur die speaker van Merafong, Elvis Mphithikezi, aangekondig en sou die middag amptelik in werking tree, maar teen daardie tyd was sy reeds deur die Gautengse speaker, Ntombi Mekgwe, as Sara Madinge Letsie ingesweer.

Die VF Plus gaan navrae aan die wetgewer rig oor die vreemde omstandighede van die aanstelling.

Munisipaliteite kan nie langer gebuk gaan onder wanbestuur en ongerymdhede nie. Belastingbetalers betaal ten duurste vir dienste wat hulle nie ontvang nie.

Inwoners van die Merafong-munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) het op 1 November die geleentheid om saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en ‘n sterk boodskap aan die ANC te stuur dat die vernietiging van die munisipaliteit nie langer geduld sal word nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.