fbpx
Vryheidsfront Plus

Voorgenome myn-prospektering by Ventersdorp bedreig landbou

Die VF Plus het vandag as ‘n party van belang geregistreer om beswaar aan te teken teen die voorgenome mynboubedrywighede van Kerosam Investments op landbougrond oos van Ventersdorp.

Die maatskappy het ‘n aansoek om prospekteerregte gebring met die oog op die myn van onder meer diamante, goud, silwer en koper in die gebied.

Intensiewe verbouing van produkte soos mielies, groente en veevoer vind onder meer in die gebied plaas.

Hierdie landbou-aktiwiteite is grootliks afhanklik van standhoudende onderaardse waterbronne. Enige mynbou-aktiwiteit in die gebied sal noodwendig lei tot die besoedeling van hierdie waterbronne.

Die skynbare gebrek aan deursigtigheid in die aansoekproses wat tot dusver gevolg is, is ook kommerwekkend.

‘n Beperkte tyd vir die registrasie van belanghebbendes is onder meer toegelaat op die kennisgewing wat uitgereik is vir die voorgenome prospektering.

Belanghebbendes is tot môre, 14 April tyd gegun om te registreer. Die VF Plus doen ‘n beroep op alle geraakte partye om as belanghebbendes te registreer.

Die JB Marks-munisipaliteit het ook eers vandag kennis geneem van die beoogde prospektering nadat die VF Plus dit onder sy aandag gebring het.

Die VF Plus sal koördineer met landbou-organisasies en ander geraakte partye om te verseker dat die landbousektor en plaaslike gemeenskap se belange beskerm word.

Onverantwoordelike mynbou-aktiwiteite in sensitiewe omgewings bedreig voedselsekerheid en skaars natuurlike hulpbronne.

Die VF Plus sal aanhou stry teen enige aktiwiteite wat die land se voedselsekerheid en skaars hulpbronne bedreig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.