fbpx
Vryheidsfront Plus

Vinnige optrede en skorsing van amptenare wat verbind word met Digital Vibes-skandaal word verwelkom

Die VF Plus verwelkom die aankondiging dat al sewe amptenare in diens van die departement van gesondheid wat in die verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) verbind word met die Digital Vibes-skandaal, teen vanmiddag geskors gaan word.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het vanoggend aangekondig dat daar ook dissiplinêr teen die amptenare opgetree gaan word.

Die bewyse wat die SOE ingewin het, is van ‘n ernstige aard en moet deel vorm van die dissiplinêre proses.

Die VF Plus sal ook wil sien dat strafregtelike optrede teen die amptenare onmiddellik ingestel word. Die persone mag nie wegkom met blote dissiplinêre stappe wat gepaard gaan met goue handdrukke en ‘n bedanking nie.

Die minister se onderneming dat niks rondom die aangeleentheid onder die mat ingevee sal word nie, word verwelkom.

Die VF Plus sal die minister by hierdie onderneming en belofte hou.

Die departement se ontkenning dat die Digital Vibes-sage nie ‘n negatiewe invloed op die departement se werksaamhede of in die bekamping van Covid-19 gehad het nie, is nie eerlik nie.

Die waarheid is dat die departement nie genoeg fondse gehad het vir sy kommunikasieveldtogte oor inentings nie en dit het grootliks daartoe bygedra dat die inligting aan die publiek hieroor uiters gebrekkig was en steeds is.

Die reg moet nou sy gang gaan en diegene wat beskuldig word in die SOE-verslag, moet hul dag in die howe kry asook die straf wat hulle toekom.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.