Die VF Plus het dr. Duncan du Bois, ‘n oud-onderwyser en geskiedeniskenner met byna vier dekades se ervaring in die politiek, aangewys as sy premierskandidaat vir KwaZulu-Natal.
Dr. Du Bois is die outeur van verskeie boeke oor die geskiedenis van die eertydse Natal. Hy was vir twintig jaar 'n wyksraadslid vir sy voorstad, die Bluff in Durban en is sedert 1982 op plaaslike en provinsiale vlak by die politiek in dié provinsie betrokke.
Hy sluit hom aan by ‘n bekwame span premierskandidate wat die VF Plus aangewys het vir die komende algemene verkiesing.
Die VF Plus se steun in KwaZulu-Natal het die afgelope tyd geweldig gegroei. Dit is duidelik dat die mense van die provinsie opsoek is na ‘n alternatief wat opstaan teen ANC-beleid, soos Swart Ekonomiese Bemagtiging wat slegs ‘n elite bevoordeel en teen minderheidsgroepe diskrimineer.
Dr. Du Bois is nou op hoë vlak deel van ‘n party wat reeds bewys gelewer het dat hy die gemeenskap dien, effektiewe opposisie bied, probleme oplos en regeer daar waar die party tans deel van veelparty-regerings is.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216