fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus waarsku oor voortydige aankondiging oor Nasionale Gesondheidsversekering

Die VF Plus raak bekommerd oor die voortydige aankondigings oor die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) van die minister van gesondheid, Joe Phaahla en amptenare van die departement van gesondheid.

Die VF Plus is van mening dat sulke aankondigings besig is om die werksaamhede van die parlement se portefeuljekomitee vir gesondheid in die wiele te ry.

Dit gaan veroorsaak dat die hele openbare deelnameproses ‘n futiele proses gaan wees.

Die minister het vroeër dié week tydens ‘n vergadering van Momentum Health Solutions wat op virtuele platforms plaasgevind het, aangekondig dat die NGV stap vir stap in werking gestel gaan word.

Die komitee is tans besig om die wetsontwerp in detail te bespreek en die insette wat lede van die publiek en ander belanghebbendes ingedien het, moet ook nog behandel word.

Daarna moet die wetsontwerp eers na die nasionale vergadering (NV) verwys word vir debat en stemming.

Indien die wetsontwerp goedgekeur word, gaan dit ook dien voor die nasionale raad van provinsies (NRP) vir verdere openbare deelname aangesien die NGV Artikel 76-wetgewing is.

Die proses voordat die wetsontwerp op die wetboeke kan verskyn, is duidelik nog ‘n lang paadjie wat gestap moet word en prosesse kan nie geminag word nie.

Voortydige aankondigings oor die NGV word gedurig sedert Augustus 2021 deur die ministerie en amptenare van die departement gedoen.

Die VF Plus verwerp nog deurentyd die NGV. Dit kan hoegenaamd nie ingestel word sonder die nodige infrastruktuur en administratiewe vermoë nie.

Voortydige instelling sonder die nodige ondersteuning sal lei tot verdere chaos en wanorde in die reeds chaotiese staatshospitale.

Die VF Plus raak moeg vir hierdie voortdurende aankondigings en die party sal nie toelaat dat enige minister, amptenaar of die ANC hierdie proses stoomroller om wetgewing ingestel te kry wat Suid-Afrika se private gesondheidsorg gaan nasionaliseer en verder vernietig nie.

Dit is tyd om van die ANC-regering ontslae te raak sodat gesondheidsorg van uitstaande gehalte weer aan pasiënte in staatshospitale en klinieke gelewer kan word.

Suid-Afrika se mense verdien beter as die ANC.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.