fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra Zondo-kommissie om verslag van fluitjieblaser te ondersoek oor Gupta-invloed by Transnet se Tweede Vastevoordeelfonds (TVVF)

Die VF Plus het ‘n fluitjieblaser-verslag met gedetailleerde bewerings oor die invloed van Gupta-verwante maatskappye by Transnet se Tweede Vastevoordeelfonds (TVVF) aan die geregtelike kommissie van regter Raymond Zondo oorhandig met die versoek dat die kommissie dit ondersoek en ‘n bevinding maak.

Die bewerings behandel onder meer die agtergrond waartydens die Gupta-verwante maatskappy Regiments Capital as beleggingsbestuurder by die TVVF aangestel is en ongerymdhede wat daaruit voortgespruit het.

Die VF Plus het die inligting reeds aan die Valke oorhandig en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, is ook deur ‘n parlementêre vraag daaroor ingelig. Gordhan het toé aanbeveel dat dit na die Zondo-kommissie, wat staatskaping ondersoek, verwys moet word.

Uit inligting wat na vore gekom het met die vraag aan min. Gordhan, blyk dit dat Regiments ‘n bedrag van R228 miljoen gekanaliseer het na Trillion Capital Partners, ook ‘n Gupta-verwante maatskappy.

Die verslag toon aan hoe Regiments en Trillian verskeie wette verbreek het in hul hantering van transaksies namens die TVVF.

Die VF Plus het die fluitjieblaser-verslag deeglik bestudeer en is oortuig van die egtheid en bewese feitlikheid daarvan aan die hand van reeds bekende feite oor ongerymdhede by die TVVF. Dit is daarom belangrik dat die Zondo-kommissie ag slaan op die inligting.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.