Die VF Plus gaan die Rand West-plaaslike munisipaliteit vra om die gebied rondom die nuwe sinkgat in Westonaria met ‘n draadheining af te sper totdat rehabilitasiewerk afgehandel is. Die sinkgat het in Daviesstraat ingeval en vergroot daagliks.
Die sinkgat wat verlede week ingeval het, is sowat twintig meter van ‘n meenthuiskompleks geleë en kan baie skade veroorsaak. Die gat lok baie nuuskieriges en die sekuriteitband wat gebruik is om die terrein af te sper, is verwyder.
Die sinkgat is die tweede wat in die dorp ingeval het. Sowat twee jaar gelede het ‘n reuse sinkgat in Van der Bijlstraat voor ‘n fabriek verskyn waarna die eienaar gedwing is om sy ingang te skuif.
Luidens ‘n berig wat in Oktober 2011 in Times Live verskyn het, is daar reeds 2 600 sinkgate rondom Johannesburg aangemeld.
Sowat 110 informele nedersettings, wat Bekkersdal insluit, is gedeeltelik op dolomietklip gebou. Dolomietklip los op wanneer dit in aanraking met water kom. In baie gevalle syfer oppervlakwater deur na die ‘dak’ van die ondergrondse holte wat dan insak en ‘n sinkgat vorm.
Kontaknommer: 082 565 2336