fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra ondersoek na Emfuleni se luukse GOP-werkswinkel

Die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Mzi Khumalo, en die LUR vir tesourie, Jacob Mamabola, moet dringend die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se beplande werkswinkel vir die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) stopsit.

Die bankrot Emfuleni-munisipaliteit wat Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging bedien, beplan dié werkswinkel vir die 13de en 14de Maart by die Lakefield-konferensiesentrum in Benoni langs die OR Tambo-lughawe. Dit sluit oornaggeriewe in by die Lakefield Hotel.

Dié planne is bloot geldmors en die munisipaliteit kan die werkswinkel teen ‘n fraksie van die koste in die Vereeniging-banketsaal aangebied.

Die banketsaal kan met gemak die 110 raadslede en administratiewe personeel vir twee dae huisves en dit sal nie nodig wees om vir oornaggeriewe te betaal nie.

Die VF Plus se raadslid in die munisipaliteit, Gerda Senekal, het in ‘n skrywe aan die munisipale bestuurder, April Ntuli, gevra hoe die munisipaliteit die uitgawe kan regverdig.

Die munisipaliteit kan nie sy personeel se salarisse betaal nie, sy grootmaatverpligtinge aan Eskom en Randwater kan nie nagekom word nie en dienslewering in totaal is afgeskaal.

Hierdie ondeurdagte plan van die munisipaliteit is ‘n goeie voorbeeld hoe die ANC die munisipaliteit wanbestuur en as sy persoonlike melkkoei beskou.

Die ANC wil in luuksheid vergader en tuisgaan terwyl inwoners van Emfuleni gestraf word met swak tot geen dienslewering.

Die VF Plus dring daarop aan dat die LUR’e onmiddellik optree en die munisipaliteit verbied om die beplande werkswinkel aan te bied by die huidige venue.

Emfuleni verdien beter as die onbevoegde en gierige ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.