Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra LUR vir landbou om strenger grensbeheer om bek-en-klouseer in Gauteng te keer

Die VF Plus gaan die Gautengse LUR vir landbou, Morakane Mosupyoe, vra om strenger grensbeheer tussen provinsies toe te pas om so die uitbreek van bek-en-klouseer in die provinsie te keer.

Die nasionale verbod op veilings het ernstige gevolge vir die verbruiker wat hulle kan voorberei op verhoogde vleispryse. Die verbod sluit ook die verkoop van varke in.

Veeboere wat reeds onder geweldige druk is weens die knellende droogte, moet nou self inspring om voorkomende bio-veiligheidsmaatreëls toe te pas omdat die regering nie genoeg veeartse of fondse het nie.

Die VF Plus het reeds die nasionale departement van landbou, bosbou en vissery gevra om so gou as moontlik gesonde gebiede in provinsies te verklaar waarbinne veilings kan plaasvind sodat boere steeds hul kuddes kan verkoop. Vir baie boere wat nie meer voer vir hul diere het nie, is dit die enigste oplossing.

Die verbod op veilings plaas ook verdere druk op die arbeidsmark omdat eienaars van vendusiekrale hul werkers noodgedwonge sal moet aflê omdat daar nie meer werk vir hulle is nie.

Die Gautengse provinsiale regering het ‘n plig om veeboere in die provinsie in alle opsigte te help om te verhinder dat meer van hulle die belangrike bedryf verlaat.

Die VF Plus is daagliks in gesprek met boere en sal aanhou om druk op die provinsiale regering te plaas om te luister en om oplossings te vind vir die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

Kontaknommer: 066 010 1066

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.