fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra ingryping by geweld in Brits

Die VF Plus het deur sy LPW in Noordwes, De Wet Nel, ‘n direkte versoek gerig tot Noordwes se premier, Job Mokgoro, om sonder verwyl in te gryp om die eskalerende voorkoms van geweld in die omgewing van Brits stop te sit.

Brits word reeds ‘n geruime tyd geteister deur die ontwrigtende optrede van plaaslike taxi-verenigings. Dit word gekenmerk deur geweld en intimidasie asook aanvalle op plaaslike inwoners.

Die VF Plus doen intussen ‘n beroep op die gemeenskap van die Brits-omgewing om kalm te bly en die situasie deur die regte kanale op te los. Inwoners word ook aangemoedig om by veiligheidstrukture aan te sluit.

Wat in Brits gebeur, dien as bewys dat die ANC-regering nie omgee oor misdaad of die ontwrigting van ‘n wetsgehoorsame gemeenskap nie.

Die VF Plus is bewus van groot frustrasie onder inwoners wat weens die owerheid se gebrek aan optrede moet toekyk hoe hul eens trotse dorp vernietig word. Daar moet nou dringend ingegryp word om plaaslike inwoners en hul eiendom teen hierdie misdadigheid te beskerm.

Kontaknommer: 082 598 4595

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.