fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra dringende verslag oor Johannesburgse metropolisie se onbevoegdheid

Die aankondiging dat meer as 1 000 opgeleide lede van die Johannesburgse metropolisie na die akademie teruggestuur word weens swak opleiding, is onaanvaarbaar en ‘n verdere vermorsing van belastingbetalers se geld.

Die beheer oor padverkeersbestuur wat programstandaarde- en opleiding met die behulp van die polisiediens voorskryf, het in hul taak gefaal. Daar sal verduidelik moet word hoekom metrolede na 18 maande nie kan bestuur of vuurwapens hanteer nie en ‘n vrees het om Johannesburgse verkeer te reguleer.

Die VF Plus sal na die heropleidingsprogram voltooi is, ‘n oudit aanvra sodat toekomstige probleme uitgeskakel word.

Belastingbetalers van Johannesburg kan nie verantwoordelik gehou word vir opleidingstegnieke en -kursusse wat onsuksesvol afgehandel is nie.

Die vraag word nou afgevra of die bestaande metropolisielede wat al jare in diens van die metropolisie is, dieselfde opleiding ontvang het. Indien so, stel die VF Plus voor dat ook hulle geëvalueer word en waar nodig heropleiding ontvang.

Onopgeleide metropolisielede en veral diegene met fobies om puntdiens by besige kruisings suksesvol te hanteer, stel nie net hul eie lewe ingevaar nie, maar ook die van padverbruikers.

Kontaknommer: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.