fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwys voorgestelde laekoste behuisingsprojek in Meyerton terug na komitee

Die VF Plus het die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) versoek om ‘n beplande laekoste-behuisingsprojek tussen Meyerton se industriële- en ‘n residensiële gebied na die komitee vir ontwikkeling en beplanning terug te verwys vir verdere ondersoek oor die haalbaarheid van die projek.

Die beplande projek maak voorsiening vir meer as 100 laekoste-wooneenhede wat minder as ‘n kilometer van Meyerton se sentrale sakegebied geleë is.

Die rioolinfrastruktuur in Midvaal is reeds onder erge druk en daarom het die party die munisipale raad versoek om eers alle bouprojekte stop te sit tot die uitbreiding aan die rioolsuiweringsaanleg voltooi is.

Volgens die VF Plus moes die Midvaal-munisipaliteit, voor daar besluit is op die ontwikkeling van ‘n laekoste behuisingsprojek, eers ondersoek ingestel het na die uitbreiding van die bestaande industriële gebied om so ekonomiese ontwikkeling en werkskepping moontlik te maak.

Die VF Plus is ten gunste van ordelike verstedeliking en is nie gekant teen die ontwikkeling van laekoste-behuising nie, maar in dié geval bestaan vrae oor of die huidige krag-, water en rioolinfrastruktuur die ontwikkeling sal kan bedien.

Navrae: 082 560 1414

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.