fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp Nasionale Gesondheidsversekering (NVG)-wetsontwerp in sy geheel

Die VF Plus het vandag tydens ‘n stemming van die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid, die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)-wetsontwerp in sy geheel verwerp.

Heeltydse lede van die komitee, soos die VF Plus, moes stem oor die oorweging en aanvaarding van die wenslikheid van die wetsontwerp.

Die VF Plus het dit op rekord gestel dat die party nie die mosie steun nie en die wetsontwerp in sy geheel verwerp.

‘n Totaal van sewe stemgeregtigdes was ten gunste van die mosie en vier daarteen.

Die komitee se werk rondom die NGV-wetsontwerp is nog nie afgehandel nie.

Die VF Plus het gevra wanneer komiteelede insae gaan kry in die 338 891 geskrewe kommentare wat belanghebbendes ingedien het en hoeveel hiervan vir en teen die wetsontwerp is.

Die komiteevoorsitter het onderneem om dit in die volgende vergadering te behandel.

Die VF Plus wou ook weet watter invloed die brand by die parlement vroeër vanjaar op hierdie geskrewe kommentare het.

Ook hieroor is onderneem om ‘n verslag oor die aangeleentheid binnekort aan die komitee voor te lê.

Die VF Plus se geveg teen die wetsontwerp is glad nie verby nie en die party sal nie rus alvorens die wetsontwerp verwyder word nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.