fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom onthulling van nuwe borsbeeld van genl. De La Rey in Lichtenburg

Die VF Plus verwelkom die onthulling van die nuwe borsbeeld van genl. Koos de la Rey gister in Lichtenburg. Dit is ‘n presiese betonreplika van die bronsbeeld wat in April vanjaar van die graf gesteel is.

George Visser, die VF Plus se kandidaat in Lichtenburg vir die komende plaaslike regeringsverkiesing, het namens die party die verrigtinge bygewoon wat deur die FAK se dr. Danie Langner en Jan-Danie Malan gelei is.

Volgens hulle is die FAK groot dank aan die Afrikaner-kultuurgemeenskap verskuldig vir sy rol om die Afrikaner se kultuurskatte te herstel en te bewaar.

Die bydraes uit die gemeenskap om die projek te finansier word waardeer en bewys opnuut dat die Afrikaner-kultuurgemeenskap sal bly voortveg om sy regmatige plek in die Suid-Afrikaanse gemeenskap te behou.

Hierdie projek behoort vir die ANC-regering as voorbeeld te dien oor hoe erfenisbewaring tot voordeel van alle gemeenskappe gedoen behoort te word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.