Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom inhegtenisneming van verdagtes betrokke by beweerde moord op Mogalakwena-raadslid in 2019

Die VF Plus in Limpopo verwelkom die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se inhegtenisneming van verdagtes wat betrek word by die koelbloedige moord in 2019 op Vaaltyn Kekana, voormalige voorsitter van die Mogalakwene-plaaslike munisipaliteit se openbare rekeningekomitee, asook die ANC-distriksekretaris, Ralph Kanyane.

Albei is in Julie 2019 helder oordag vermoor kort voor hulle ‘n verslag oor korrupsie in die munisipaliteit sou bekend maak.

Die moord op Kekana en Kanyane het ‘n gevoel van magteloosheid gelaat by die gemeenskap en onder sekere werknemers van die munisipaliteit, wat moeg baklei is teen korrupsie in die munisipaliteit.

Die VF Plus se LPW en provinsiale leier, Marcelle Maritz, wat destyds ‘n raadslid by dié munisipaliteit was, het uit hoofde van munisipale werksaamhede ‘n goeie band gehad met Kekana.

Hy het hom bewys as ‘n eerbare persoon en het die VF Plus se gevoel oor korrupsie en bedrog in die munisipaliteit gedeel.

Die verdagtes sal vandag in die hof verskyn op Mokopane (Potgietersrus).

Die VF Plus sal hierdie saak ten nouste monitor om toe te sien dat geregtigheid seëvier.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.