Die VF Plus steun die besluit dat daar van doeltreffende tegnologie gebruik gemaak moet word om misdaad in Suid-Afrika te bekamp, soos wat nou in Kaapstad gedoen gaan word.
Dit is duidelik dat misdaad in Suid-Afrika buite beheer is. Die Wes-Kaap en die Stad Kaapstad is besmet met bendes en misdadigers.
Polisiepatrollies alleen is nie meer doeltreffend genoeg om hierdie spesifieke probleem aan te spreek nie, en daarom moet alle hulpmiddele, soos tegnologie, ingespan word om polisiedoeltreffendheid te verbeter.
Die geslote baan TV-kamerastelsel vir Kaapstad sal so ‘n doel dien.
Hierdie plan sal wetstoepassers in 'n posisie plaas om meer proaktief te wees deur hulle na verdagte situasies te lei. Dit sal ook reaktief wees deur die oortreders se optrede vas te vang en in sommige gevalle die skuldiges te identifiseer.
Die VF Plus sal enige maatreël verwelkom om gemeenskappe te beveilig. Die implementering van effektiewe moniteringskameras is ‘n stap in die regte rigting.
Die onbevoegde en korrupte ANC-regering, tesame met misdaad, is Suid-Afrika se grootste vyand.