fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom besluit van Tshwane-administrateurs om aanstelling van permanente stadsbestuurder af te las

Die VF Plus verwelkom die besluit van die administrateurs van die Tshwane-metroraad om nie voort te gaan met die aanstelling van ‘n permanente stadsbestuurder nie. Die VF Plus het onlangs die administrateurs gewaarsku dat so 'n besluit onwettig sou wees.

Daar word in die Grondwet geen voorsiening gemaak vir administrateurs om ‘n stadsbestuurder aan te stel nie. Die huidige administrasiebevel is in terme van Art139 (c) van die Grondwet, wat dit ten doel het om op die kort termyn stabiliteit na ‘n raad te bring, maar nie om die raad se rol oor te neem nie. Slegs ‘n munisipale raad kan ‘n stadsbestuurder aanstel.

Die hof is ook in Junie 2020 genader om die administrateurs te verhinder om 'n permanente stadsbestuurder aan te stel. Die administrateurs het te kenne gegee dat hulle nie 'n stadsbestuurder sal aanstel nie om moontlike regskostes te bespaar.

Die administrateurs het verder aangedui hulle sal wag vir die Grondwethof-saak wat moet beslis of die administrasie-bevel wettig is of nie voordat ‘n besluit geneem sal word oor ‘n aanstelling.

Navrae: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.