fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom besluit om Zuma more in ‘n mosie van wantroue te verwyder

Die VF Plus verwelkom die feit dat daar eindelik finaliteit is oor die verwydering van pres. Jacob Zuma as staatspresident van Suid-Afrika deur ‘n mosie van wantroue wat môre sal plaasvind.

Die aangeleentheid is onnodig uitgerek en die onbeholpe manier waarop die ANC in die laaste weke opgetree het, dien as bewys dat die ANC-regering nie bevoeg is om krisisse te bestuur of die land te regeer nie.

‘n Verdere bewys van die ANC se onbeholpenheid is die krisisbestuur wat nou toegepas word deur te probeer om Vrydag reeds die staatsrede te hou indien ‘n nuwe president môre verkies word.

Dit blyk voorts dat net een dag afgestaan gaan word aan ‘n debat oor die staatsrede. Voorheen is twee dae daaraan afgestaan wat beteken die opposisiepartye word direk benadeel.

Suid-Afrika kon reeds ‘n nuwe president in plek gehad het indien die ANC nie besluit het om die vergadering van sy Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) verlede Woensdag te kanselleer nie.

Die VF Plus sal die mosie van wantroue teen pres. Zuma steun.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.