fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Ashton-fabriek se redding

Die VF Plus verwelkom die redding van die Tiger Brands-fabriek op Ashton, veral omdat dit honderde mense werkloos sou laat.

Die VF Plus in die Langeberg-plaaslike munisipaliteit (Ashton, Bonnievale, McGregor, Montagu, Robertson) is ook bly dat hy 'n rol in die redding van die onderneming kon speel.

Tiger Brands het nou ‘n lewenslyn van ‘n jaar gebied om die verkoop van dié fabriek te finaliseer.

Die sluiting van die fabriek, wat ingelegde produkte vervaardig, sou ‘n kruppelende ekonomiese effek op die Langeberg-streek gehad het.

Die geleentheid is nou geskep vir behoorlike onderhandelinge en beplanning om 'n nuwe eienaar vir die fabriek te vind.

Die VF Plus kon daarin slaag om sekere beleggers in kontak met produsente van die ingelegde produk te bring en verwag ‘n positiewe uitkoms in die onderhandelings om die fabriek se voortbestaan te verseker.

Die VF Plus gee om vir gemeenskappe en besef die erns van werkloosheid in Suid-Afrika.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.