fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom aankondiging oor misdaadstatistiek

Die VF Plus verwelkom die aankondiging van minister Jeff Radebe, minister in die presidensie, dat misdaadstatistiek nou kwartaalliks en jaarlikse bekend gemaak sal word, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.

Dr. Groenewald sê die VF Plus vra al langer as ‘n dekade dat misdaadstatistiek kwartaalliks bekend gestel word.

“Kwartaallikse misdaadstatistiek sal verseker dat brandpunte gouer bekend gemaak word waardeur meer effektiewe misdaadsbestryding in werking gestel kan word. Die publiek het ook die reg om te weet waar hierdie brandpunte is en daarom sal kwartaallikse statistiek hulle beter ingelig hou.

“Die minister se verklaring dat ‘n jaarlikse verslag ‘n regstelling sal maak, is bevestig die kritiek van die VF Plus dat die geloofwaardigheid van huidige misdaadstatistiek onder verdenking is.

“Die VF Plus vra sedert 2008 dat statistiek oor plaasmoord en plaasaanvalle ook bekend gemaak word. Dit moet nou by hierdie statistiek ingesluit word,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.