fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vervul kernrol om brandstofdiefstal in Ekurhuleni te keer

Die VF Plus het ‘n kernrol gespeel om brandstofdiefstal in die Ekurhuleni-metro te keer.

Dit het gelei het tot die inhegtenisneming van een van die vermeende diewe deur beamptes van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD).

Die diewe het diesel vanuit ‘n vullisverwyderingsvoertuig gesteel.

Die VF Plus se raadslid, Riaan van Zyl, is Maandagmiddag deur gemeenskapslede gekontak en gewaarsku dat diesel vanuit ‘n voertuig van die metro in Brakpan-Noord gesteel word.

Gemeenskaps- en AfriForumlede was reeds op die toneel.

Verskeie foto’s en video’s van die gebeure is toe reeds deur die gemeenskap geneem wat aandui hoe ‘n persoon diesel uit die voertuig tap.

Die VF Plus het onmiddellik die burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe en gedeelde dienste, wat ook die wyksraadslid is, mnr. Brandon Pretorius, gekontak waarna al die bewyse aan hom gestuur is.

Mnr. Pretorius het onmiddellik werk daarvan gemaak en die EMPD ingelig om na die toneel te kom.

Die EMPD-lede het die persoon gekonfronteer en in hegtenis geneem.

Tans is nog een persoon wat in die foto- en videomateriaal voorkom steeds soek, maar die EMPD is besig met ‘n intensiewe soektog na hom.

Die sukses van die inhegtenisneming en die voorkoming van brandstofdiefstal is te wyte aan die suksesvolle samewerking tussen die VF Plus, gemeenskapslede van Brakpan, AfriForum en die koalisieregering in Ekurhuleni.

Dit dien as bewys dat mense kan saamstaan en positief kan saamwerk om hulle gemeenskappe veiliger en meer leefbaar te maak.

Die VF Plus betuig ook sy besondere dank aan die EMPD vir sy spoedige reaksie.

Hierdie suksesvolle aksie is ‘n bewys dat koalisieregerings bestaande uit redelike partye wat die ANC en EFF weghou van hefbome van mag, ‘n beter lewe vir gemeenskappe daar kan stel.

Die VF Plus sal sy rol as kernparty in die Ekurhuleni-koalisie bly vervul tot voordeel van sy inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.