fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel wrede moord op ma en gestremde seun

Die VF Plus in Mpumalanga veroordeel die wrede moord van mev. Annemarie Botha en haar seun Ruan op 'n plaas naby Nelspruit in Mpumalanga oor die naweek.

Mev. Botha se man, Fanie, was besig om die heining van die plaas waar hy 'n bestuurder was, te patrolleer toe aanvallers hulle in die huis oorval en vermoor het. Die wreedheid van die aanval het ooggetuies van die toneel hewig ontstel.

Mnr. Botha het sy vrou en gestremde seun sy lyke laat Saterdagmiddag (24 April 2021) gevind toe hy ná werk huis toe gegaan het. Volgens die polisie is daar items uit die Botha-woning gesteel.

Die VF Plus is eweneens geskok oor die wreedheid van die aanval op twee weerlose mense wat al sinoniem met plaasaanvalle geraak het. Dit is tekenend van ‘n afgestompte gemeenskap.

Die vermoë van die polisie en die ANC-regering om die landelike veiligheidsplan in werking te stel, moet ook veroordeel word. Alles moontlik moet gedoen word om die landelike gemeenskap te beskerm, en die regering sleep voete hiermee. Dit is onaanvaarbaar.

Die VF Plus betuig sy innige meegevoel met mnr. Fanie Botha en die oorledenes se naasbestaandes met die verlies.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.