Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel onwettige grondbesetting en geweld in Olievenhoutbosch

Die VF Plus veroordeel die geweld wat hierdie week in Olievenhoutbosch in Centurion uitgebreek het ná ‘n uitsettingsbevel teen onwettige grondbesetters.

Verskeie eiendomme in die omliggende gebied, onder meer ‘n huis, ‘n skool in Olievenhoutbosch en ‘n lapa, is aan die brand gesteek.

Verskeie inwoners het tydelik hul eiendom ontruim. Die situasie is tans steeds gespanne.

Die VF Plus het intussen ‘n beroep op alle rolspelers gedoen om hulle nie skuldig te maak aan geweld en inkriminerende dreigemente nie.

Behuisingsnood moet op ‘n konstruktiewe en georganiseerde wyse aangespreek word.

Mense wat huisvesting nodig het, word aangeraai om ‘n aansoek by die die departement van behuising en menslike nedersettings in te dien.

Indien ‘n gestruktureerde benadering gevolg word, kan die metro verseker dat die nodige dienste gelewer word.

Die VF Plus veroordeel onwettige grondbesettings en die moontlike geweld wat daaruit spruit.

Politieke partye wat besetting op private- en staatgrond aanmoedig, moet verantwoordelik gehou word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.