fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel die CRL se dreigement

Luidens mediaberigte het die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe (CRL) gedreig om optrede teen AfriForum se De Goede Hoop-koshuis in Pretoria te bemiddel, indien dit nie self aksie kan neem nie.

Dit is ironies aangesien hierdie kommissie juis deur die Grondwet ingestel om dié soort kulturele afknouery te voorkom.

Tydens die grondwetlike onderhandelinge het verskeie minderheidsgroepe, onder andere Afrikaners, gevrees dat hul reg tot eie instellings onder die nuwe bedeling misken sou word. Een toegewing om dit te voorkom, was dié kommissie wat sulke regte sou help beskerm.

Navorsing oor multi-kulturele state wêreldwyd dui daarop dat stabiliteit verseker bevorder word as die staat minderheidsgroepe toelaat en selfs bystaan om onderwys- en ander instellings op te bou en in stand te hou, wat hul identiteit bevorder. Ook die Verenigde Nasies (VN) het in 1976 en 1992 verklarings tot dié effek aangeneem. Daarom is artikels 181 en 235 oor dié aangeleentheid, deel van die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996.

Die Suid-Afrikaanse regering, en in besonder die CRL, moet besef dat Afrikaners in Suid-Afrika is om te bly. Meer nog, dat die reg om die bevordering van etniese kultuur in instellings soos koshuise internasionaal aanvaar word, en in Suid-Afrika se Grondwet verskans word.

Die VF Plus dring sedert 1994 daarop aan dat groepsregte, soos in genoemde dokumente vervat, noodsaaklik is. Hoewel ander politieke groepe gedink het dat individuele regte genoegsaam sou wees, bewys die werklikheid toenemend die teendeel.

Wat Afrikaners tans ervaar is niks minder nie as kulturele volksmoord. As Afrikaners as kultuurgroep wil oorleef, moet aan die voorwaardes vir vryheid voldoen word. In die huidige, onderhorige toestand, sal dié soort veronregting voortgaan, of dit grondwetlik is of nie.

Kontaknommer: 074 166 5540

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.